Super Rugby

Kaapse storm woed in Super Rugby

2011-05-01 07:23
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Nou dís hoe jy vrae oor jou werklike potensiaal antwoord.

Kaapstad - Die Stormers blaas Sondagoggend ’n sterk bries oor die Superrugby-kompetisie.

Hul oorwinning van 32-12 Saterdagaand oor die gedugte Sharks was die soort genadelose pak slae wat min mense met die Kaapse streekspan sou assosieer: die besoekers is eerder die soort span wat hierdie knars-wedstryde die afgelope paar seisoene gewen het.

Daar was baie op die spel – die binnebaan om bo-aan die SA Konferensie te eindig, om maar ene te noem – en om die druk gelykstaande aan toetsrugby te noem, sou lui wees. Dit was nie naastenby die druk van Bok teen All Black nie, maar veel groter as wat Bok se kind teen, sê, Italië sou ervaar op ’n middag in Julie.

Die eerste helfte het die Stormers-pak waarskynlik hul laaste oorblywende kritici stil gespeel. Die Sharks-agttal was, op die oog af, fisiek meer gedug as hul besoekers en die vraag was: wat sou gebeur as hulle hul stormlope op die jong losskakel Lionel Cronjé begin afstuur?

Ons moes ’n ruk wag om die antwoord daarop te sien, omdat die Kaapse pak hul besoekers slegs krummels besit toegelaat het.

Die Sharks het twee losballe – een net ná die afskop en een nét voor die rustydfluitjie binne vyf meter van die Stormers-doellyn bemeester, maar albei kere het Francois Louw en sy trawante die bal gegaps en die besoekers onverrigter sake terug gedryf.

Terselfdertyd het Jean de Villiers in die middelveld, die een plek waar die Sharks op die oog af armer was as hul gashere, soos ’n besetene tekere gegaan. Hy het alles reg gedoen, maar die arme Meyer Bosman twee maal ore aangesit vir albei die Stormers se vroeë drieë.

Eers is hy aan die buitekant van Bosman verby deur een van die venynigste bresse te slaan wat moontlik is vir ’n groot kêrel om sy voete te gebruik. Daarna het hy die smaak uit Bosman se mond en die bal uit sy hande gelak vir Gio Aplon om op te pik en deur te nael.

Goeie vertonings deur De Villiers is half vanselfsprekend, so ook dié van sy gereelde sentermaat Jaque Fourie, wat nommer drie gaan druk het ná goeie verspreiding van Louw.

Maar die Kaap sou gisteraand veral juig oor twee dinge.

Kyk, Bryan Habana was nog nie op sy beste nie, maar hy het g’n voet verkeerd gesit nie en was deurgaans gevaarlik.
Weg was daai oorbegeesterde afkop-hoender aksie, terug was ’n beredeneerde, ervare vleuel op wie jy nie jou rug durf draai nie. Aan die ander kant van die spektrum was die jong Cronjé, wat as die Stormers se derdekeuse-losskakel vir hierdie kritieke wedstryd gekies is.

Sy stelskopwerk was maar vrot, met 8 verbroude punte waarvan hy 5 in sy slaap behoort oor te geklits het, maar in sy algemene spel het hy na ’n vernuftige, uitgeslape jong speler gelyk en dit kan nou die tyd raak dat hy sy belofte begin vervul.

Sy taak is gister oneindiglik vergemaklik deur sy pak en ’n eksieperfeksie diens deur Dewaldt Duvenage, maar dat hy bars van belofte, ly min twyfel.

Die Sharks het in die tweede helfte veel beter begin vaar, maar al kon hulle die bal deur verskeie fases stuur, het die kliupharde Stormers-verdediging hulle tot min of meer die voordeellyn beperk. Dit was ’n spanpoging, maar benewens De Villiers was die keur gister hier sy lostrio van Louw, Schalk Burger en Duane Vermeulen.

Die Stormers se rekord tot Suid-Afrikaanse spanne is dus nou ’n puik ses uit ses tot dusver vanjaar.

Sagte Kaapse outjies? Kyk hoe lekker lag hulle vir daai ou grappie.

* Punte: Stormers 32 (22): Drieë: Jean de Villiers, Gio Aplon, Jaque Fourie, Deon Fourie. Doelskoppe: Lionel Cronjé (2), Kurt Coleman. Strafdoel: Cronjé. Skepdoel: Aplon.

Sharks 12 (9): Strafdoele: Patrick Lambie (4).

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: super rugby  |  stormers  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.