Super Rugby

Juan weer op krukke

2012-01-27 07:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein – Die Spring­bok-flank Juan Smith het Woensdag in Pretoria ’n opvolgoperasie aan sy haksening ondergaan, maar volgens Ian Morris, die Cheetahs se spandokter, is daar nie rede tot groot kommer nie.

Hoewel Smith se terugkeer vertraag is en hy nou die Cheetahs se oorsese toer in die Super-rugbyreeks kan misloop, sal dié verdere voorsorg hopelik verhoed dat hy later ongemak verduur.

Ondanks sy vierde operasie, waarin slegs steke in een verwyder is, is dié dokter “positief en optimisties” dat die flank op pad terug speelveld toe is.

Volgens Morris moet Smith, wat vir eers op krukke is, se wonde nou genees en sal hy oor sowat twee of drie weke weer aan die gang wees.

Die nuwe Springbok-afrigter, wat vandag aangekondig word, sal boonop ook hoop die 30-jarige Bok kan so gou moontlik terugkeer, aangesien hy en die Stormers-kaptein, Schalk Burger, die gunstelinge vir die Bok-kapteinskap is.

Smith het sy haksening in 2011 seergemaak en aan die begin van Januarie weer begin hardloop.

Hy het Maandag ’n spesialis in die Jakarandastad gaan sien nadat hy steeds ’n bietjie pyn verduur het.

’n Skandering is gedoen en daar is besluit om eerder vroeër­ as later wanneer hy op die veld is en dalk pyn het, te opereer.

“Die skandering het gewys daar is ’n bietjie letselweefsel sigbaar. Dus is besluit om eerder weer oop en skoon te maak.

Hy moet nou net herstel van die operasie en dan gaan ons weer vorentoe,” het Morris gesê.

Smith se besoek aan die spesialis het ook veroorsaak dat hy nie vandeesweek die Cheetahs se oefenkamp in Jeffreysbaai meegemaak het nie.

Leon Karemaker is in sy plek vir die oefenkamp ingesluit en hoop hy kry kans in ’n oefenstryd.

Daar is eers gehoop Smith sal vir die Cheetahs se eerste Super-wedstryd, op 25 Februarie teen die Lions in Johannesburg, reg wees, maar dis nie meer ’n haalbare doelwit nie.

Dié operasie kan selfs beteken dat hy die Cheetahs se oorsese toer misloop, maar dis dalk ’n bedekte seën­ dat hulle vroeg toer.

Dit gee Smith ekstra tyd om te herstel en om hom hopelik by sy spanmaats aan te sluit wanneer hulle terugkeer.

Die Cheetahs speel slegs hul eerste twee wedstryde, teen die Lions en op 3 Maart hier teen die Bulls, in Suid-Afrika voor hulle op die vliegtuig klim.
 
Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: juan smith  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.