Super Rugby

Juan se opvolger bekend

2010-04-09 09:58
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Kaplan gee Stormers raad oor breinkrag
Kaplan gee Stormers raad oor breinkrag

Gebruik die grys stof tussen jou ore en hou die gewig wat jy in die gimnasium kan opstoot eerder in die agterkop.

Tappe wys blaser op sy 'drie-fout'
Tappe wys blaser op sy 'drie-fout'

Dewaldt Duvenage se “drie” wat nie vroeg in Saterdag se Super Rugbywedstryd tussen die Stormers en Crusaders toegeken is nie, moes gestaan het.

Bulls en Cheetahs oefen
Bulls en Cheetahs oefen

Die Cheetahs en Bulls oefen vir die groot Super Rugby-derby op Loftus Versfeld.

Bloemfontein - Die flank wat die laaste paar maande onder groot geheimhouding deur die Cheetahs as Juan­ Smith se opvolger grootgemaak word, Philip van der Walt, kan noodgedwonge vroeër deur dié Super14-rugbyspan losgelaat word.

Die 20-jarige Van der Walt het gister na Canberra gevlieg om hom by die Cheetahs aan te sluit nadat Smith hom weens die afsterwe van sy pa aan môre se wedstryd teen die Brumbies onttrek het.

Van der Walt sal wel geen rol teen die Brumbies speel nie, maar kan ’n week later in Christchurch teen die Crusaders in Smith se nr. 7-trui losgelaat word.

Soos Smith is Van der Walt groot en sterk, humeurig en ’n speler met min woorde van die speelveld.

“Ek sien baie van Juan in Philip, veral van ’n Juan in sy jonger speeldae,” sê Naka Drotské, afrigter van die Cheetahs.

Die rooikop-flank is in Adelaide gebore en het die Oostelike Provinsie in 2007 se Cravenweek-toernooi vir hoërskole verteenwoordig, waarna hy in 2008 en 2009 vir die Vrystaatse o.19- en o.21-spanne uitgedraf het.

As een van die sterre wat die Vrystaat verlede jaar op Loftus Versfeld gehelp het om die nasionale o.21-titel te verower, is Van der Walt vanjaar in die span van die Blitsbokke ingesluit waar hy waardevolle ervaring op internasionale vlak opgedoen het.

Van der Walt het ook die laaste tyd vir die Vodacombeker-span van die Vrystaat diens gedoen en sou juis môre in Ravens­mead in Kaapstad teen die Pampas-vyftiental speel. Van der Walt is, soos Smith, ’n sterk baldraer en is bekend vir sy aggressiewe lakwerk.

In Smith se afwesigheid sal Adriaan Strauss (haker) die Cheetahs se kapteinskap teen die Brumbies oorneem.

Barend Pieterse skuif noodgedwonge van slot na flank, met Izak van der Westhuizen wat môre die 11de speler van die Cheetahs sal word wat sy Super14-buiging in 2010 maak.

Nico Breedt sit nou in Van der Westhuizen se plek op die plaasvervangersbank.

“Juan se onttrekking is uiteraard ’n yslike terugslag vir ons,” sê Drotské.

Sekere kenners meen die Cheetahs se kans om teen die Brumbies te verras, is nou finaal deur Smith se onttrekking by die agterdeur uit. ’n Sege deur die Cheetahs word in die afwesigheid van Smith en beseerdes soos Heinrich Brüssow, Frans Viljoen en Lionel Mapoe selfs as ’n onmoontlike teen die Brumbies beskou.

Die Cheetahs kon nog nooit in die Super14-reeks oorsee seëvier nie en met teenstanders soos die Brumbies, Crusaders en die Chiefs is dit onwaarskynlik dat die sentrale streekspan dié saak nou in die afwesigheid van verskeie sterre sal kan regstel.

    * Goeie nuus vir die Cheetahs is dat hul een Bok-flank, Hendro Scholtz, gister tydens hul laaste oefening in Sydney fiks verklaar is. Scholtz vorm die lostrio saam met Pieterse en ’n derde Bok, Kabamba Floors.

- Sport24
 

Lees meer oor: super24  |  cheetahs

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Trading sê... Die skrywer van hierdie berig probeer sy bes om Schalk Burger tot Springbokkaptein verkies te kry. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.