Super Rugby

Juan lei Cheetahs teen Chiefs

2010-04-21 10:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Jóhann Thormählen

Bloemfontein - Slegs dae ná sy pa se begrafnis sal die Springbok-flank Juan Smith die Cheetahs aanvoer in ’n poging om hul eerste oorsese Super14-sege te behaal.

Smith is een van ses veranderinge en ’n posisionele skuif aan die Cheetahs-span vir die rugbykragmeting Vrydag met die Chiefs in Hamilton.

Die Springbok het hom Maandagaand laat by sy spanmaats in Nieu-Seeland aangesluit nadat hy nog verlede Dinsdag sy pa hier ter ruste gelê het.

Hoewel Smith aanvanklik die res van sy span se toer sou misloop, het ’n enkelbesering aan Waltie Vermeulen (slot) die spanbestuur genoop om hom vir die laaste wedstryd in Australasië te ontbied.

Volgens Hawies Fourie, ’n hulpafrigter van die Cheetahs, spreek Smith se bereidwilligheid om te speel boekdele.

“Dit sê baie van hom om onder sulke moeilike omstandighede, vir hom persoonlik en die span, terug te kom.

“Hy het al voor sy pa se begrafnis gesê hy sal terugkom as ons hom nodig het.

“Dit wys net hoe baie Juan vir Vrystaat-rugby en die Cheetahs omgee,” sê hy.

Dié breier meen Smith se teenwoordigheid sal ’n impak maak.

“Hy sal ’n groot verskil op verdediging maak omdat hy teenstanders terugduik.

“Op die aanval sal hy ook baie werd wees met sy vermoë om ons oor die voordeellyn te kry en dit sal ons op die voorvoet plaas.”

Benewens Smith se insluiting, sal Corné Uys, Meyer Bosman (senters), Naas Olivier (losskakel), Ryno Barnes (haker) en Wian du Preez (stut) ook kans kry, terwyl Barend Pieterse (slot) nie meer as flank uithelp nie.

Uys sou verlede week die Crusaders pak, maar moes hom weens ’n seer tussenribspier onttrek.

Bosman is ook terug nadat Barry Geel verlede week speelkans gekry het.

Olivier is weer generaal en vervang Riaan Viljoen.

Viljoen (heupbesering) kon nog nie gister oefen nie, maar behoort volgens Fourie reg te wees om as plaasvervanger ’n impak te maak.

Verder sukkel Adriaan Strauss (haker) met seer enkelligamente en sal Barnes in die skrum sak.

“Adriaan het nie vandag (gister) geoefen nie. Ons hoop dat hy nie hoef te speel nie,” sê Fourie.

Du Preez anker weer die skrum in Coenie Oosthuizen se plek.

Fourie Du Preez het teen die Crusaders as plaasvervanger goed gespeel en gee boonop as baldraer rigting op die aanval.

Intussen sal Mike Delaney (losskakel, skouer) en Lelia Masaga (vleuel, knie) van die Chiefs die stryd misloop.

Volgens www.stuff.co.nz sal Delaney ’n operasie ondergaan en ses maande uit wees, terwyl Masaga ses weke nie kan speel nie.

Richard Kahui (senter, skouer) en Sitiveni Sivivatu (vleuel, knie) kan nog hul fiksheid bewys.

Die Cheetahs-span is:

Hennie Daniller, Danwel Demas, Corné Uys, Meyer Bosman , Jongi Nokwe, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Davon Raubenheimer, Juan Smith (k), Hendro Scholtz, Barend Pieterse, Izak van der Westhuizen, WP Nel, Ryno Barnes, Wian du Preez.

PLAASVERVANGERS: Adriaan Strauss, Coenie Oosthuizen, Nico Breedt, Philip van der Walt, Tewis de Bruyn, Riaan Viljoen, Robert Ebersohn.

- Sport24

Lees meer oor: super14  |  beserings  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.