Juan Smith weer in aksie vir Cheetahs
2010-04-07 15:16
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg – Die Cheetahs se kaptein Juan Smith gaan terugkeer vir Saterdag se Super14-wedstryd teen die Brumbies in Canberra, nadat hy uitgemis het op die vorige twee wedstryde as gevolg van sy pa se siekte.
Smith sal Barnard Pieterse se plek inneem as blindekant-flank en Pieterse sal as slot oorneem by Nico Breedt.
Kabamba Floors sal die nommer agt trui aantrek in Ashley Johnson se plek en Coenie Oosthuizen sal in Wian du Preez se plek loskopstut speel.
Op die agterlyn sal die senter Corné Uys ‘n beurt kry in Robert Ebersohn se plek, terwyl Wilmaure Louw die Cheetahs se tiende Super14-nuweling sal wees hierdie seisoen wanneer hy oorneem by Danwel Demas op regtervleuel.
Cheetahs se span: 15 Hennie Daniller, 14 Wilmaure Louw, 13 Corné Uys,12 Meyer Bosman, 11 Jongi Nokwe, 10 Naas Olivier, 9 Tewis de Bruyn, 8 Kabamba Floors, 7 Juan Smith (k), 6 Hendro Scholtz, 5 Walti Vermeulen, 4 Barend Pieterse, 3 WP Nel, 2 Adriaan Strauss, 1 Coenie Oosthuizen.
Plaasvervangers: 16 Ryno Barnes, 17 Wian du Preez, 18 Izak van der Westhuizen, 19 Davon Raubenheimer, 20 Sarel Pretorius, 21 Riaan Viljoen, 22 Robert Ebersohn.
- Sapa