Joubert mag vir Leeus speel
2010-01-27 08:25
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Jóhann Thormählen
Bloemfontein - Die skrumskakel JP Joubert sal in 2010 vir die Lions in die Super14-reeks en die Leeus in die Curriebeker-reeks uitdraf.
’n Arbiter het gisteroggend hier ten gunste van Joubert uitspraak gelewer in sy kontrakgeskil met die Vrystaat Rugbyunie (VRU) en hy is vry om vir die Leeus te speel.
’n Arbitrasiesaak oor die geldigheid van die 31-jarige skrumskakel se kontrak met die VRU, en sy wense om vir die Leeus te speel, het verlede Donderdag hier begin.
Volgens Alwyn Myburgh, Joubert se regsverteenwoordiger, het adv. Bertus van Rhyn beslis dat Joubert se kontrak met die VRU nietig is en hy kan kies waar hy sy loopbaan wil voortsit.
Joubert, wat hom reeds in November by die Leeus aangesluit het, het aangevoer dat sy kontrak met die Vrystaat ongeldig is en hy slegs tot 31 Oktober 2009 in hul diens was, terwyl die Vrystaat gemeen het hy ’n geldige kontrak tot 2011 onderteken het.
Myburgh het gesê Joubert is bly hy kan nou weer op sy spel fokus.
“Hy wens die Vrystaat ’n baie goeie jaar toe, maar sal hom by die Leeus aansluit.”
– Sport24