Joe Pietersen beseer
2012-05-23 15:10
In-diepte Verslae
Die Waikato Chiefs het drie drieë teenoor die Crusaders se een gedruk om in die Super-kragmeting in Hamilton te seëvier.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, het sy span vir Saterdag se Super-rugbykragmeting met die Sharks in Durban aangekondig.
Gerhard van den Heever sal op vleuel uitdraf met Gio Aplon wat na die heelagter-posisie skuif om die beseerde Joe Pietersen te vervang.
Die kaptein van WP se seëvierende Vodacombekerspan, Nick Fenton-Wells, is op die plaasvervangerbank genoem.
Deon Fourie sal Saterdag in sy 50ste Super-rugbywedstryd vir die Stormers verskyn as hy as plaasvervanger ingespan word.
Afskoptyd is om 19:10.
So lyk die span:
15 Gio Aplon, 14 Gerhard van den Heever, 13 Juan de Jongh, 12 Jean de Villiers (kaptein), 11 Bryan Habana, 10 Peter Grant, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Jebb Sinclair, 7 Rynhardt Elstadt, 6 Siya Kolisi, 5 Andries Bekker, 4 Eben Etzebeth, 3 Brok Harris, 2 Tiaan Liebenberg, 1 Steven Kitshoff
Plaasvervangers: 16 Deon Fourie, 17 Frans Malherbe, 18 De Kock Steenkamp, 19 Don Armand, 20 Nick Fenton-Wells, 21 Louis Schreuder, 22 Burton Francis
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24