Super Rugby

Jean voorspel Nuweland-wenner

2010-05-22 13:58
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad - Daar is nie ’n enkele swak plek in die Stormers se mondering nie en Jean de Villiers sien nie hoe hulle vandag se Super14-halfeindstryd teen die Waratahs op Nuweland kan verloor nie.

“Die een ding wat vir my van die Stormers uitstaan, is hul diepte. Daar is geen ooglopende swakplek in die span nie. Van die skrums tot die lynstane en afbreekpunte is ons werklik goed,” het die oudkaptein van die Stormers en Springbok-binnesenter Vrydag uit Ierland gesê.

“Francois Louw speel uitstekende rugby en die lostrio speel goed as ’n kombinasie. Die Stormers speel ook aanvallende rugby met Mossie (Jaque Fourie) en Bryan (Habana) agter. Bash (Peter Grant) vaar ook baie goed.”

De Villiers is klaar met sy verpligtinge by die Ierse streekspan Munster en sal eersdaags na Suid-Afrika terugkeer­.

 Die verwagting is dat hy vir die Westelike Provinsie in die Curriebeker-reeks beskikbaar gaan wees en weer aanstaande jaar vir die Stormers sal speel.

Ofskoon die Waratahs later in die Super14-reeks meer aanvallende rugby begin speel het as toe hulle vroeër vanjaar met 6-27 teen die Stormers op Nuweland verloor het, verwag De Villiers die aard van die stryd kan hulle noop om konserwatief ingestel te wees.

“Dis belangrik om wenrugby in uitklopwedstryde te speel en hulle kan ’n bietjie meer konserwatief wees. As daar swak skoppe is, sal dit vir Gio Aplon, Joe Pietersen en Bryan Habana kanse op die teenaanval bied.

“As die Stormers hulle met goeie verdediging frustreer, behoort daar ook kanse vir omkeerbesit te kom. Ek kan nie sien dat dit enigiets anders as ’n sege vir die Stormers sal wees nie.”

Die Waratahs is onder andere sonder die beseerde Wallaby-loskopstut Benn Robinson en dit bied straks aan die Stormers ’n goeie kans om hul skrum aan te val.

Wicus Blaauw het teen die Bulls teruggekeer, wat die tuisspan se skrum op die regte tyd versterk het.

Die besoekers is ook sonder die Wallaby Wycliff Palu.

“Dis altyd moeiliker as jy twee internasionale spelers soos Robinson en Palu (agtsteman) verloor, maar die Waratahs vaar tot dusver baie goed sonder daardie supersterre,” sê die Stormers se kaptein, Schalk Burger.

Die Stormers het laas in 2004 in ’n halfeindstryd gespeel, maar daar is geen gebrek aan ervare spelers wat al die groot oomblik meegemaak het nie.

Burger, Habana en Fourie was in Suid-Afrika se span wat die Wêreldbeker-toernooi in 2007 gewen het. Habana het ook twee Super14-titels in ’n Bulls-trui verower.

Spanne:

Stormers: Joe Pietersen, Gio Aplon, Jaque Fourie, Juan de Jongh, Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Duane Vermeulen, Francois Louw, Schalk Burger (k), Andries Bekker, Adriaan Fondse, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw.
PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, Eusebio Guinazu, Anton van Zyl, Pieter Louw, Ricky Januarie, Willem de Waal, Tim Whitehead.

Waratahs: Kurtley Beale, Lachie Turner, Rob Horne, Tom Carter, Drew Mitchell, Berrick Barnes, Luke Burgess, Ben Mowen, Phil Waugh (k), Patrick McCutcheon, Kane Douglas, Dean Mumm, Al Baxter, Tatafu Polota-Nau, Dan Palmer.

PLAASVERVANGERS: Damien Fitzpatrick, Jeremy Tilse, Chris Thomson, Dave Dennis, Josh Holmes, Daniel Halangahu, Rory Sidey.

Afskop: 19:10. 

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Lees meer oor: stormers  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.