Jean Deysel in 15-tal teen Stormers
2013-02-27 15:17
In-diepte Verslae
Dis steeds onduidelik wanneer die Springbok-heelagter Zane Kirchner tot die speelveld vir die Bulls sal kan terugkeer.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Durban – Jean Deysel is die enigste verandering aan die Sharks se span wat Saterdag teen die Stormers op Kingspark in Durban uitdraf.
Die Durbaniete se afrigter, John Plumtree, het Deysel se goeie werk as plaasvervanger in die oorwinning oor die Cheetahs, met 'n plek in die beginspan beloon.
Deysel vervang Jacques Botes in die nr.7-trui.
Intussen het Lwazi Mvovo betyds van sy liesbesering herstel en sal hy in die nr.11-trui uitdraf.
So lyk die span:
15. Louis Ludik, 14. JP Pietersen, 13. Paul Jordaan, 12. Frans Steyn (kaptein), 11. Lwazi Mvovo, 10. Pat Lambie, 9. Cobus Reinach, 8. Ryan Kankowski, 7. Jean Deysel, 6. Marcell Coetzee, 5. Franco van der Merwe, 4. Anton Bresler, 3. Jannie du Plessis, 2. Craig Burden, 1. Tendai Mtawarira
Plaasvervangers: 16. Kyle Cooper, 17. Wiehahn Herbst, 18. Pieter-Steph du Toit, 19. Jacques Botes, 20. Charl McLeod, 21. Meyer Bosman, 22. Odwa Ndungane
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24