Jason Jaftha maak Super-debuut
2012-12-19 13:09
In-diepte Verslae
Die Springbok-flank Jacques Potgieter is van sy kontrak met die Bulls vrygestel en sal binnekort vir 'n groot klub in Brittanje uitdraf.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Jason Jaftha sal sy debuut in aanstaande jaar se Super-rugbyreeks maak," het Sanzar Woensdag in 'n verklaring bekendgemaak.
Jaftha is deel van die groep Suid-Afrikaanse blasers wat Craig Joubert, Jaco Peyper,
Jonathan Kaplan, Lourens van der Merwe en Stuart Berry insluit en is een van vyf skeidsregters wat hul debuut sal maak.
So lyk die volledige lys vir 2013 se Super-skeidsregters:
Suid-Afrika (6):Craig Joubert, Jaco Peyper, Jonathan Kaplan, Lourens van der Merwe, Stuart Berry, Jason Jaftha
Nieu-Seeland (6):Chris Pollock, Glen Jackson, Garratt Williamson, Jonathon White, Mike Fraser, Nick Briant
Australië (5):Steve Walsh, Andrew Lees, Angus Gardner, James Leckie, Rohan Hoffman
Argentinië (1):Francisco Pastrana
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Sport24