Super Rugby

Jake sal spelers lok, glo Giteau

2011-05-04 09:57
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Die aanstelling van Jake White as hoofafrigter van die Brumbies sal die werwing van spelers makliker vir dié Australiese span maak.

Só sê die Brumbies-kaptein en Wallaby-senter, Matt Giteau, nadat White verlede week vir die volgende vier jaar as die Brumbies se breier aangestel is. White was in 2007 die Springbok-rugbyspan se afrigter toe hy die Wêreldbeker verower het.

Hoewel Giteau nie deur White afgerig sal word nie en daarom nie ywerig was om vrae oor White se aanstelling te beantwoord nie, meen hy dit kan spelers na die Brumbies lok.

Die 28-jarige Giteau sluit hom ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi by die Franse klubspan Toulon aan.

“Die grootste prys in wêreldrugby is die Wêreldbeker. Jake het ’n span dit help verower en ’n mens moet natuurlik weet wat jy doen om dit te vermag. Vir my as speler is sy aanstelling egter irrelevant. “Dis seker goed vir die Brumbies om te weet dat hulle êrens heen op pad is en dit maak werwing ook makliker as jy ’n hoofafrigter het.

“Maar vir nou is ons grootste uitdaging egter net om ’n sege te behaal,” het Giteau ná die Brumbies se nederlaag van 36-47 hier teen die Cheetahs gesê.

Benewens Giteau sal die veelsydige agterspeler Adam-Ashley Cooper ook die Brumbies verlaat. Cooper sal hom by die Waratahs aansluit en White sal daarom minstens twee staatmakers kwyt wees.

Die Aussies vaar nie vanjaar volgens hul hoë standaarde te waffers in die Superreeks nie. Hulle het net twee seges in nege kragmetings behaal en lê 10de op die algehele puntelys.

Die span het Andy Friend ook vroeër in die reeks op aandrang van die spelers as breier gepos.

Giteau het gesê White se aanstelling is nie juis in die Brumbies-kamp bespreek nie en dat sy span eerder op 2011 wil fokus.

Die Brumbies speel Saterdag teen die Sharks in Durban.

“Daar is vlugtig daaroor (White se aanstelling) met die span gepraat.

“Maar vir my en Tony (Rea) maak dit nie eintlik saak nie, want ons is net hier vir hierdie jaar. Ek gaan Frank­ryk toe. Dis goed dat die Brumbies in ’n rigting beweeg en ek is seker hulle is tevrede met die aanstelling.

“Baie mense het vanjaar gesê wat ons moet doen en wie ons moet inbring en dit was baie moeilik vir die afrigtingspan. Maar vir my was dit lekker om saam met Tony en die afrigtingspan te werk en ons kyk nie nou enigsins verder nie.

“Die grootste uitdaging is om volgende week (dié week) goed te speel en om nie te veel bekommerd te wees oor wie ons volgende jaar afrig nie.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: jake white  |  brumbies  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.