'Jake gaan sukkel'
2012-02-24 10:02
In-diepte Verslae
Die Bok-stut Tendai "Beast" Mtwarira is terug vir die Sharks se Super-stryd teen die Bulls, nadat hy lank op die kantlyn was weens 'n besering.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Johannesburg – Jake White gaan sukkel om van die Brumbies ’n wenspan te maak, glo die voormalige Wallaby-vleuel David Campese.
White se eerste wedstryd in Super-rugby as Brumbies-breier begin Vrydag voor sy nuwe tuisskare in Canberra teen die Western Force, maar volgens Campese wag daar dalk vanjaar ’n slegte verrassing op White.
“Dit is baie anders in Canberra (as Suid-Afrika). In Canberra is rugbyliga ook nog gewild met die Raiders-span wat daar speel, dus is daar baie kompetisie vir rugby.
“Daarby het die Brumbies nie die laaste jare goed gevaar nie en heelwat goeie spelers verloor, terwyl hulle nie juis uitstaande nuwes opgelewer het nie,” het Campese aan Sport24 gesê.
Volgens Campese het Australië nie naastenby die spelerdiepte wat Suid-Afrika het nie en dit kan White kniehalter.
“Daar is iets soos 350 Australiërs wat in Europa speel en dit is omtrent almal toetsspelers. Daar is net nie die reserwekrag om dit te bowe te kom nie.
“Dit sal Jake straks pootjie. Rugby is meer van ’n geloof in Suid-Afrika as in Australië.”
Die spanne is:
Brumbies:Robbie Coleman, Henry Speight, Andrew Smith, Christian Lealiifano, Jesse Mogg, Matt Toomua, Nic White, Ben Mowen (k), Ita Vaea, Peter Kimlin, Sam Carter, Leon Power, Dan Palmer, Stephen Moore, Ben Alexander. PLAASVERVANGERS: Anthony Hegarty, Ruaidhri Murphy, Scott Fardy, Michael Hooper, Ian Prior, Zack Holmes, Joe Tomane.
Western Force: Alfie Mafi, Nick Cummins, Winston Stanley, Rory Sidey, Napolioni Nalaga, James Stannard, Brett Sheehan, Ben McCalman, David Pocock (k), Matt Hodgson, Nathan Sharpe, Toby Lynn, Salesi Ma’afu, Nathan Charles, Pek Cowan. PLAASVERVANGERS: Elvis Taione, Kieran Longbottom, Phoenix Battye, Angus Cottrell, Justin Turner, Ben Seymour, Sam Wara.
Die Blues en die Crusaders begin die Super-rugby-seisoen Vrydagoggend in Auckland.
Die spanne is:
Blues: Isaia Toeava, David Raikuna, Rene Ranger, Benson Stanley, Rudi Wulf, Michael Hobbs, Alby Mathewson, Jerome Kaino, Daniel Braid, Chris Lowrey, Ali Williams, Anthony Boric, Charlie Faumuina, Keven Mealamu (k), Tom McCartney. PLAASVERVANGERS: Pauliasi Manu, Tevita Mailau, Bradley Mika, Luke Braid, Piri Weepu, Hadleigh Parkes, Sherwin Stowers.
Crusaders: Tom Marshall, Sean Maitland, Robbie Fruean, Ryan Crotty, Israel Dagg, Tyler Bleyendaal, Andy Ellis, Kieran Read (k), Matt Todd, George Whitelock, Samuel Whitelock, Tom Donnelly, Ben Franks, Quentin MacDonald, Wyatt Crockett. PLAASVERVANGERS: Corey Flynn, Owen Franks, Luke Romano, Luke Whitelock, Willie Heinz, Patrick Osborne, Adam Whitelock.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24