Hurricanes skraap verby teen Highlanders
2010-04-24 11:47
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Hurricanes het die Highlanders Saterdag met 'n skamele twee punte gewen in dié spanne se Super14-wedstryd.
Die 'Canes het die wedstryd in Dunedin 33-31 gevat.
Die span het die eerste helfte, belaai met drieë, ook met 'n tweepunt-voorsprong afgesluit.
Met vier drieë elk in die sak en 'n telling van 26-24 het beide spanne ook reeds hul bonuspunte in die sak gehad toe die halftydfluitjie blaas.
Ma'a Nonu het 'n laaste drie vir die Hurricanes gedruk in die tweede helfte.
Weepu het verdoel om sy span 'n voorsprong van 33-26 te gee.
Die Highlanders het egter hul Skotse naam gestand gedoen en tot in die doodsnikke van die wedstryd teruggeveg.
Bronson Murray het uiteindelik geslaag om 'n drie in die 80ste minuut te druk.
Israel Dagg het weer verdoel maar dit was net-net nie genoeg om die Hurricanes te troef nie.
Puntemakers:
Highlanders
Drieë: Jimmy Cowan, Alando Soakai, Ben Smith, Jason Rutledge, Bronson Murray.
Verdoelings: Israel Dagg (3).
Hurricanes
Drieë: Karl Lowe, Michael Paterson, Tyson Keats, Aaron Cruden, Ma’a Nonu.
Verdoelings: A. Cruden (3), P. Weepu (1).
Volg Sport24 op Twitter.