Super Rugby

'Hou by resep, Cheetahs'

2011-05-09 09:53
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Die Cheetahs moet met hul suksesvolle aanvalsresep teen ’n sterk Crusaders-span volhard en nie skroom om hul teenstanders van hul voete af te probeer hardloop nie.

Só sê Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Cheetahs, oor sy span se Super Rugby-wedstryd Saterdag hier teen die Nieu-Seelanders.

Dié breier meen die sentrale streekspan moenie uit respek vir die Crusaders van sy onlangse aanvallende benadering afwyk nie.

Die Cheetahs het Vrydag ’n sukkelende Lions-span in Johannesburg met 53-19 kafgedraf.

Fourie-hulle het in elk van hul afgelope drie kragmetings, ’n nederlaag van 47-50 teen die Hurricanes, ’n sege van 47-36 oor die Brumbies en die Lions-oorwinning, sowat 50 punte aangeteken.

Hulle het boonop in dié wedstryde 14 drieë – 5 teen die ’Canes, 4 teen die Brumbies en 5 teen die Lions – gedruk en kan selfs die magtige Crusaders probleme besorg.

Volgens Fourie kan die Cheetahs nie bekostig om in hul dop te kruip nie.

“Die Crusaders is een van die beste spanne in die reeks.

“Ons verdediging sal natuurlik bitter goed moet wees en ons moenie bang wees om soos in die laaste paar wedstryde aan te val nie.

“'n Ou moet oppas om, omdat jy teen ’n sterk span speel, nie meer konserwatief te wees nie. Ons moet steeds aanval soos ons kan.”

Die Cheetahs se “towenaars” was in die Goudstad behoorlik op hul stukke. Hul skrumskakel, Sarel Pretorius, en die losskakel, Sias Ebersohn, het goeie rigting gegee, terwyl hul heelagter, Riaan Viljoen, baljaar het.

Viljoen het een van die beste vertonings van sy loopbaan gelewer en is welverdiend met ’n driekuns aan drieë beloon.

“Riaan is ’n ou met besonderse talent. Daar is nie baie spelers wat van nr. 10 tot 15 in die agterlyn kan speel, pale toe kan skop en boonop skepdoele vanuit sy eie helfte kan behaal nie. Ek weet net van Frans Steyn en ­Riaan Viljoen wat dit kan doen,” sê Fourie.

Die afrigter skryf sy span se goeie aanvallende spel aan vinnige besit en sterk baldraers toe.

“Die grootste verskil is hoe ons baldraers in kontak oorheers en ons vinnige bal kry. Ons eerste drie of vier fases is vinnig en daarom is dit moeilik vir die verdediging.”

Hy meen Pretorius en Ebersohn se aanvalsvernuf hou boonop ook die verdediging deurgaans aan die raai.

Volgens Fourie word dié twee grootliks vrye teuels gegee om hulself uit te druk.

“Een van die uitdagings van afrigting is dat daar ’n balans tussen struktuur en die spelers se eie instinkte moet wees.”

Die Cheetahs-afrigtingspan sal ook tevrede wees met sy spelers se verbeterde verdedigingspoging.

Die besoekers het die eerste keer in ’n lang tyd vir sowat 80 minute met hul lakwerk volgehou en dít is beslis verblydend vir die breiers voor ’n stryd teen die Crusaders. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: crusaders  |  super rugby  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.