Highlanders pootjie Waratahs
2010-04-30 11:48
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Highlanders het die Bulls en die Stormers 'n groot guns bewys deur die Waratahs met 26-10 in hul Super14-kragmeting in Invercargill, Nieu-Seeland te klop.
Die tuisspan se eerste drie het van 'n goeie dryfbeweging gekom en dit was veral voorlangs waar hulle uitstekend gedoen het om oor die voordeellyn te kom.
Die rustydtelling was 12-10 in die guns van die Highlanders ten spyte van heelagter Israel Dagg se sukkelende skopskoen.
In die tweede helfte het die Highlanders dadelik toegeslaan toe flank Adam Thomson sy tweede drie van die wedstryd in die 46ste minuut gedruk het.
Vir die Waratahs, wat een van die spanne is wat sover nog die meeste drieë in die Super14-reeks kon druk, was dit onmoontlik om 'n enkele punt in die tweede helfte aan te teken.
Die Waratahs is steeds vyfde op die Super14-punteleer met 33 punte, maar die spanne in die eerste vier posisies moet almal nog hul wedstryde dié naweek speel.
Puntemakers:
Highlanders: Drieë: Steven Setephano, Adam Thomson (2) Doelskoppe: Israel Dagg Strafskoppe: Matthew Berquist (3)
Waratahs: Drieë: Kurtley Beale Doelskoppe: Daniel Halangahu Strafskoppe: Daniel Halangahu
Die Highlanders speel volgende Saterdag teen die Brumbies en die Waratahs kom teen die Chiefs te staan.