Super Rugby

Help tog ’n bietjie, Eddie!

2011-02-17 09:17
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Eddie Jones het in 2007 die Springbokke gehelp om die Wêreldbeker-toernooi te wen en nou moet hy sy deel vir die Stormers in die Super Rugby-reeks bydra.

Die Kaapse streekspan beplan nou wel nie om hom as konsultant in te span nie, maar hoop hy kan as afrigter van Suntory Sungoliath help om Saterdag die ondergang van Peter Grant se Kobelco Steelers in die halfeindronde van die All Japan-reeks te bewerkstellig.

As die Steelers verloor, is die Stormers se losskakel op ’n vliegtuig terug Kaapstad toe.

As dit dié naweek gebeur, kan Grant aanstaande Saterdag in die Stormers se eerste Super Rugby-wedstryd van die jaar teen die Lions begin. As Grant se span egter wen, moet hy nog op 27 Februarie in die eindstryd speel.

Saterdag se wedstryd sal dus bepaal of Grant van meet af vir die Stormers beskikbaar sal wees en of hy hul kragmeting met die Lions en waarskynlik ook die tweede een teen die Cheetahs sal misloop.

“Ek sal maar vir Eddie ’n boodskap stuur dat hy moet seker maak van ’n sege,” het die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, Woensdag gesê.

Hy het terselfdertyd gesê Grant sal vir die Stormers se beginspan teen die Lions oorweeg word as hy betyds terugkeer. “Peter is ’n speler van gehalte, hy ken ons patrone en volg ons kondisioneringsprogram.”

“Die spel het nie só dramaties verander dat hy geïntimideer sal word om op Nuweland in ’n Super Rugby-wedstryd uit te draf nie. Hy is ervare en het ’n verstandhouding met Jean de Villiers, Juan de Jongh, Jaque Fourie, Dewaldt Duvenage en Ricky Januarie.”

Coetzee se ander keuses op losskakel is Gary van Aswegen, Lionel Cronjé en Elgar Watts.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.