Heelwat nuwelinge in Cheetahs se Super-groep
2012-11-13 16:03
In-diepte Verslae
Die skrumskakel Piet van Zyl het twee keer vir die Cheetahs oorgeduik in hulle oorwinning oor die Reds in Bloemfontein.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Johannesburg – Die afrigter van die Cheetahs, Naka Drotské, het 11 nuwe spelers ingesluit by sy voorlopige groep vir aanstaande jaar se Super-rugbyseisoen.
Die groep bestaan uit 32 spelers van die Cheetahs, 17 van die Griekwas en een speler van die Griffons.
Die nuwe gesigte is die stutte Caylib Oosthuizen (Lions) en Rossouw de Klerk (Bulls), die haker Torsten van Jaarsveld (Pumas), slot Lodewyk de Jager (Luiperds), losvoorspelerTertius Daniller (WP), losskakel Elgar Watts (Boland), senters Joubert Engelbrecht (Luiperds) en Johann Sadie (Bulls) asook die Blitsbok Cornal Hendricks (Boland).
Ses spelers (die slot Andries Ferreira, Springbokke Coenie Oosthuizen, Johan Goosen en Heinrich Brussow en agsteman Lappies Labuschagne ) is tans op die krukkelys.
Die Vrystaters speel opwarmingswedstryde op 26 Januarie teen die Lions in Johannesburg en op 9 Februarie teen die Bulls in Polokwane.
Die senters Robert Ebersohn en Philip Snyman sal nie vir die voorseisoense wedstryde beskikbaar wees nie weens verpligtinge by die Blitsbokke terwyl Andries Strauss vanaf aanstaande jaar Super-rugby vir die Southern Kings speel.
Die Cheetahs se voorlopige Super-rugbygroep:
Voorspelers: Steph Roberts, Caylib Oosthuizen, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Lourens Adriaanse, Rossouw de Klerk, Ryno Barnes, Adriaan Strauss, Hercu Liebenberg, Torsten van Jaarsveld, Ligtoring Landman, Francois Uys, Andries Ferreira, Edwin Hewitt, Martin Muller, Waltie Vermeulen, Lodewyk de Jager, Marnus Schoeman, Lappies Labuschagné, Heinrich Brüssow, Boom Prinsloo, Justin Downey, Davon Raubenheimer, Philip van der Walt, Leon Karemaker, Tertius Daniller.
Agterspelers: Marnus Hugo, Sarel Pretorius, Pieter van Zyl, Tewis de Bruyn, Johan Goosen, Francois Brummer, Hansie Graaff, Elgar Watts, Barry Geel, Robert Ebersohn, Joubert Engelbrecht, Jean Stemmet, Johann Sadie, JP Nel, Rocco Jansen, Raymond Rhule, Cornal Hendricks, Jannie Boshoff, Dusty Noble, Rayno Benjamin, Nico Scheepers, Willie le Roux, Hennie Daniller, Riaan Smit.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.