Super Rugby

Hawies wil Willie teen Super-span weeg

2012-02-08 08:57
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein. – Die heelagter Willie le Roux het sover in die Cheetahs se oefenwedstryde indruk gemaak, maar sal Saterdag die eerste keer teen ’n ware Super-rugbyspan sy staal moet toon.

Dié oud-Bolander is een van verskeie nuwe gesigte wat in die Cheetahs se beginspan vir hul laaste oefenstryd, teen die Bulls in Polokwane, ingesluit is.

’n Sogenaamde B-span van die Cheetahs speel ook Vrydag in Pretoria teen sy eweknie van die Bulls.

Le Roux, die vleuel Rayno Benjamin, senter Philip Snyman, flank Ashley Johnson en stut Trevor Nyakane sal almal Saterdag in die beginspan uitdraf. Hulle was nie verlede Saterdag teen die Stormers in die beginspan nie.

Die Bulls behoort in Polokwane hul sterkste moontlike span los te laat en juis daarom wil Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Cheetahs, vir Le Roux teen moeiliker teenstand toets.

Fourie meen hy weet wat hy in Hennie Daniller in die laaste vesting het en daarom kry die 22-jarige Le Roux speelkans.

“Willie het sover meestal as plaasvervanger kans gekry en het verlede jaar in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga vir die Boland gespeel.

“Ons wil hom teen ware Super-teenstanders ’n kans gee.

“Hennie het baie goed gespeel. Ons wil Willie op ’n hoër vlak toets en kyk hoe hy dit hanteer,” sê Fourie.

Volgens die afrigter kry Snyman en Benjamin ook kans, aangesien hulle meestal tot dusver plaasvervangers was of teen swakker teenstand gespeel het.

“Daar is groot mededinging op vleuel en senter en ons wil sien wat hulle teen beter spelers doen.”

Snyman ding met Andries Strauss om die nr.12-trui mee, terwyl Benjamin en Dusty Noble sake op die punt uitspook.

Johnson kry weer ’n slag op flank, eerder as agtsteman, kans. Die Cheetahs het dié Springbok dikwels al met vrug in dié posisie ingespan.

Volgens Fourie sal die Cheetahs Vrydag met 25 spelers in Pretoria uitdraf, terwyl slegs ’n 22-tal vir Saterdag gekies gaan word.

Verskeie spelers wat in die Jakarandastad speel, sal ook in Polokwane op die plaasvervangerbank wees.

Die skrumskakel Tewis de Bruyn, wat Donderdag van die Franse klubspan Lyon af teruggekeer het, sal volgens Fourie in Vrydag se kragmeting sowat 60 minute speel.

Die afrigter sê hy sal ook Saterdag ’n plaasvervanger in Polo­kwane wees.

)Die Cheetahs-beginspan vir Saterdag is:

Willie le Roux, Rayno Benjamin, Robert Ebersohn, Philip Snyman, Rocco Jansen, Johan Goosen, Pieter van Zyl, Davon Raubenheimer, Ashley Johnson, Heinrich Brüssow, Izak van der Westhuizen, Andries Ferreira, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Trevor Nyakane. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.