Super Rugby

Hawies sê oor keuses; Lappies uit

2012-02-23 09:59
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein. – Hulle wou seker maak die jong losskakel Johan Goosen word deur ervaring omring in die Cheetahs se eerste Super-rugbywedstryd van 2012.

Daarom is die skrumskakel Tewis de Bruyn en die Springbok-binnesenter Andries Strauss ten koste van die opwindende Pieter van Zyl en sterk Philip Snyman vir Saterdag se wedstryd teen die Lions in Johannesburg ingesluit.

“Sou ons Pieter en Philip in die beginspan kies, sou ons 9, 10 en 12 nog nooit Super-rugby in hul posisies gespeel het nie,” sê Hawies Fourie, agterlynafrigter van die Cheetahs.

Van Zyl en Goosen sal hul buiging in Super-rugby maak, terwyl Snyman al voorheen slegs as ’n vleuel op dié vlak gespeel het.

“Die seisoen is nog lank en almal sal genoeg speelkans kry, hetsy in die beginspan of van die bank af. Pieter behoort reeds teen die Lions genoeg kans te kry,” het Fourie gesê.

Fourie erken hy en die res van die Cheetahs-afrigtingspan het lank hieroor gesels voordat ’n finale besluit geneem is aangesien daar min tussen bogenoemde spelers te kies is.

Selfs op heelagter het ervaring die deurslag gegee toe daar oor Hennie Daniller en Willie le Roux besluit is.

Le Roux het baie beïndruk in die Cheetahs se losmakers en kan saam met Van Zyl groot impak as plaasvervangers teen die Lions maak.

De Bruyn, Strauss en Daniller het egter deur die jare al genoeg bewys dat hulle op dié vlak hoort.

Hulle sal teen die Lions gerat wees om die kans aan te gryp om dié seisoen gereeld in die beginspan uit te draf.

De Bruyn en Strauss se verdediging sal Saterdag deurslaggewend wees, terwyl Daniller as ’n sterk baldraer momentum op die aanval moet verskaf.

Die flank Lappies Labuschagné het hom intussen weens ’n skouerbesering aan die Cheetahs-beginspan onttrek.

Hy het sy skouer in Maandagaand se Varsitybeker-wedstryd in Stellenbosch tussen die Shimlas en Maties beseer en sal minstens die eerste twee Super-wedstryde misloop.

Labuschagné word deur Philip van der Walt in die beginspan vervang.

Die Springbok Ashley Johnson is steeds een van die die plaasvervangers. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: beserings  |  lions  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.