Super Rugby

Hare kan in Kaap waai

2011-04-25 09:33
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Durban – Dit klink asof die Stormers Saterdag ’n paar harde bielies in hul spore sal moet stuit as hulle bo-aan die Suid-Afrikaanse groep in die Super Rugby-reeks wil bly.

Nie net klink die Sharks versigtig optimisties dat Bismarck du Plessis slaggereed sal wees om teen die Kapenaars te speel nie, maar die stormram-flank Jean Deysel kan ook tot die span terugkeer.

Daarbenewens het John Smit ’n netjiese vertoning as Sharks-haker teen die Hurricanes gelewer.

Netjies genoeg dat hy die meeste spanne sonder twyfel sou haal, maar die ­jonger Du Plessis is ’n voetbalfrats en die Sharks is derhalwe nie die meeste spanne nie.

Tendai (Beast) Mtawarira en Willem Alberts het ook Saterdag skerp gelyk teen die Hurricanes – wat dit ’n liplek-wedstryd op Nuweland kan maak vir dié van ons wat ’n paar stampe in ons rugby waardeer.

John Plumtree, die Sharks-afrigter, het net geglimlag op die vraag of hy Deysel sal oorweeg en gesê: “As hy fiks is.”

Deysel het die afgelope drie wedstryde Vodacombeker-rugby gespeel, dus is die afleiding maklik om te maak.

Die Sharks-breier staal hom vir ’n moeilike sending.

“Ek sien nie veel vir ons daarin dat hulle hierdie naweek ’n loslootjie gehad het nie. Dit gaan nie help om hulle vir 40 minute te tref nie, dis baie moeiliker as dit.

“Daar is oorgenoeg op die spel – albei spanne sal agterna presies weet waar hulle staan,” het hy ná die wedstryd teen die Hurricanes gesê.

Volgens hom is sy span nie in die versoeking om ’n blaadjie by die Reds af te kyk nie.

Die Queenslanders is al span wat die Stormers nog vanjaar kon troef en het dit grotendeels met taktiese skopwerk gedoen.

“Die Reds se resep sal nie vir ons werk nie. Ons sal bly by wat ons pas. Jy kan ook nie te veel in een wedstryd probeer lees nie.”

’n Aspek van die Sharks se spel wat hul breier bekommer, is die lynstaanwerk.

Die Sharks het ’n stuk of drie ingooie verbrou, wat nie doodsake is nie, maar baie van hul lynstaanbesit was slordig en het hulle op die agtervoet geplaas.

“Ons het ’n paar opsies probeer, maar dit het nie goed gegaan nie.

“Ons lynstaanwerk is tans nie akkuraat genoeg nie en as ons dit nie gou uitstryk nie, sal die Stormers ons dáár onder lelike druk plaas.”

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: stormers  |  super rugby  |  rugby  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.