Habana op senter teen Kings
2012-02-08 15:14
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad – Die Stormers-vleuel Bryan Habana sal op buitesenter uitdraf in Saterdag se opwarmwedstryd teen die Southern Kings in Port Elizabeth.
"Habana ken die buitesenter-posisie aangesien hy sy senior rugbyloopbaan (met die Goue Leeus) daar begin het," het die Stormers se breier, Allister Coetzee, tydens Woensdag se spanaankondiging gesê.
"Dit sal wonderlik wees om hom te sien speel langs 'n ervare senter soos Jean (de Villiers) en om te sien wat hy doen."
Die Stormers se eerstekeuse-buitesenter Juan de Jongh herstel van 'n kakebeen-besering wat hy twee weke gelede in die vriendskaplike wedstryd teen die Lions opgedoen het.
Gerhard van den Heever sal Saterdag in Habana se plek op vleuel uitdraf.
So lyk die span:
Joe Pietersen, Gerhard van den Heever, Bryan Habana, Jean de Villiers (kaptein), Gio Aplon, Gary van Aswegen, Louis Schreuder, Nick Koster, Duane Vermeulen, Siya Kolisi, Andries Bekker, Rynhardt Elstadt, Brok Harris, Tiaan Liebenberg and Steven Kitshoff.
Plaasvervangers: Deon Fourie, Deon Carstens, Siyabonga Ntubeni, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, De Kock Steenkamp, Nizaam Carr, Nic Groom, Burton Francis, Marcel Brache and Danie Poolman.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA