Habana nie reg vir Sharks-stryd
2010-05-05 15:34
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die verlies van Bryan Habana is 'n groot terugslag vir die Stormers wat Saterdag in Durban teen die Sharks sal wil wen vir tuisvoordeel in die Super14-halfeindronde.
Habana het sy ribbes beseer tydens die Stormers se kragmeting verlede Saterdag teen die Crusaders en teen vanoggend het hy steeds ongemak ervaar.
Dié Springbok-vleuel het vroeër op sy Twitter-profiel gesê dat die besering nie so ernstig was soos aanvanklik gedink is nie en dat hy betyds sal herstel vir die Stormers se stryd teen die Sharks.
Die senter Tim Whitehead, wat Habana verlede Saterdag op die veld vervang het, sal teen die Sharks in die vleuel-posisie uitdraf.
Heelagter Joe Pietersen het van sy heupbesering herstel en is op die plaasvervangerbank gekies.
Stormers:
15. Gio Aplon, 14. Sireli Naqelevuki, 13. Jaque Fourie, 12. Juan De Jongh, 11. Tim Whitehead, 10. Peter Grant, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Duane Vermeulen, 7. Francois Louw, 6. Schalk Burger (kaptein), 5. Andries Bekker, 4. Adriaan Fondse, 3. Brok Harris, 2. Tiaan Liebenberg and 1. JD Moller
Plaasvervangers: 16. Deon Fourie, 17. Eusebio Guinazu, 18. Anton van Zyl, 19. Pieter Louw, 20. Ricky Januarie, 21. Willem de Waal, 22. Joe Pietersen
Die kragmeting tussen die Sharks en die Stormers skop Saterdag om 19:10 af.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa