Super Rugby

Groot pluimpie vir Juan

2010-05-02 22:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Die Springbok-flank Juan Smith is die spil waarom die Cheetahs se spel draai en moontlik die beste speler in sy posisie in wêreldrugby.

Só sê Naka Drotské, breier van die Cheetahs, ná nog ’n uitstekende vertoning deur Smith in sy span se Super14-sege van 36-32 eergister hier oor die Blues.

Smith, kaptein van die Cheetahs, gee wéér ’n nuwe betekenis daaraan om met voorbeeld te lei en is besig om kritici wat meen sy beste is verby se monde stil te speel.

Peter de Villiers, Bok-breier, sal breed glimlag oor Smith se spelpeil aangesien dié flank nie net vanjaar nie, maar ook in 2011 se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland baie kan beteken.

Volgens Drotské was Smith se rol teen die Blues deurslaggewend.

“Juan is beslis in ’n klas van sy eie – almal weet dit. Hy is waarskynlik die beste nommersewe-flank ter wêreld en dis lekker om hom terug te hê.

“Ons het hom rêrig gemis in die drie of vier wedstryde waarin hy nie kon speel nie,” sê hy.

Smith se enorme bydrae tot die Cheetahs se verbeterde vertonings in die Super14 was reeds ’n week gelede in hul laaste toerwedstryd – teen die Chiefs – sigbaar.

Dié Bok het byna op eie houtjie ’n ommekeer aan die Cheetahs se treurmare in Australasië gemaak toe hy hulle tot ’n gelykop-uitslag van 25-25 teen die Chiefs aangevoer het.

Dié stryd was sy enigste wedstryd op toer omdat hy die ander weens die siekte en dood van sy pa misgeloop het.

Smith het teen die Blues aangegaan waar hy ’n week tevore opgehou het én sommer in die derde minuut gaan druk.

Hy het al met sy eerste stormlopie die gevaarligte laat afgaan toe hy die verdediging gebreek en die bal langs die een paal geplant het.

Die 28-jarige Smith het soos altyd gelak, gedryf, gestamp én gehardloop, maar boonop ook geskop.

Smith het in die 22ste minuut moeiteloos sy span se tweede drie vir die vleuel Jongi Nokwe met ’n netjiese steekskoppie bewerkstellig.

Behalwe dat sy teenwoordigheid wondere vir sy spanmaats se selfvertroue doen, speel Smith weer, soos tydens die Wêreldbeker-toernooi in 2007, van die beste rugby van sy loopbaan.

Die Cheetahs het groot loesings in hul eerste drie toerwedstryde beleef, maar wie weet wat sou gebeur het as Smith daar was om sake roer.
 

Lees meer oor: super14  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.