Super Rugby

Groot mylpaal wink vir Fourie du Preez

2011-02-16 07:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Hy word die naweek die eerste Suid-Afrikaanse agterspeler wat in 100 Super-wedstryde speel wanneer hy vir die Bulls teen die Lions in Johannesburg uitdraf.

Maar dié mylpaal sal slegs vir Fourie du Preez iets werd wees as sy rugbyspan dié openingswedstryd van die 2011-seisoen wen.

Volgens dié hoogaangeskrewe Springbok-skrumskakel, wat ook 55 toetse agter die blad het, beteken dit baie om dié mylpaal vir die Bulls te bereik, maar “uiteindelik is dit net nog ’n wedstryd teen ’n gevaarlike teenstander. Dit is wel baie belangrik vir ons, want ons wil graag op ’n wennoot begin. Ek het ook lanklaas gespeel en is gretig om weer op die veld te verskyn.”

’n Skoueroperasie het hom byna agt maande van die veld af gehou.

Du Preez, wat in sy pa, Fourie (sr.) se voetspore gevolg het om vir die Blou Bulle te speel, is nie skaam om sy trots in die span en unie uit te stippel nie.

“Daarom is dit ’n geweldige voorreg en mylpaal. Ek was bevoorreg om só lank saam met sulke ouens van wêreldgehalte rondom my te kan speel en in strukture wat rugby so ’n plesier maak. Ek glo Super-rugby is die strafste reeks in wêreldrugby en om 100 wedstryde te speel, is ’n wonderlike gevoel.”

Hy het nie juis met Danie Rossouw en Victor Matfield, die ander twee Bulls wat al 100 wedstryde gespeel het, daaroor gesels nie. “Ek het darem al (meer as) 50 toetse gespeel, so ek weet dat dit ’n groot gebeurtenis is, maar dat jy steeds op die wedstryd moet fokus.”

Volgens Du Preez is hy gretig om sy beste te lewer. “Ek was lank uit en aanvaar dat dit ’n week of twee gaan duur voordat ek weer op my beste sal wees. Dit is my laaste seisoen vir die Bulls (hy gaan van November drie jaar klubrugby in Japan speel) so ek wil dit my beste seisoen maak. Maar mense moenie wonderwerke verwag nie.”

Hy het juis daarom by dieselfde voorbereiding gehou wat in die verlede gewerk het. “Hopelik bring dit dieselfde sukses.”

Du Preez glo die Lions gaan kwaai teenstand bied. “Ons het in 2005 daar teen hulle verloor, so ek weet hulle kan ’n haas uit die hoed pluk. Hulle is ’n gevaarlike span en beter toegerus as waar hulle verlede jaar dieselfde tyd was. Enige derby is ook mos maar ’n taai affêre.” 

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: fourie du preez  |  rugby  |  super rugby  |  bulls

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.