Goosen draf uit teen Sharks
2013-02-20 13:19
In-diepte Verslae
Die skrumskakel Piet van Zyl het twee keer vir die Cheetahs oorgeduik in hulle oorwinning oor die Reds in Bloemfontein.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Bloemfontein – Die Springbok-losskakel Johan Goosen maak Saterdag 'n terugkeer tot die rugbyveld wanneer hy vir die Cheetahs in die Super-rugbywedstryd teen die Sharks uitdraf.
"Dit is goeie nuus om vir Johan terug te hê op die speelveld," het die afrigter, Naka Drotské, tydens Woensdag se spanaankondiging gesê.
"Johan is een van ons ster-spelers en hy het goed gelyk tydens spanoefeninge."
Goosen was vir bykans vier maande op die kantlyn weens 'n kniebesering wat hy verlede seisoen opgedoen het.
Drotské het ook bevestig dat die stut Coenie Oosthuizen Saterdag speelkans sal kry.
Oosthuizen is fiks verklaar nadat hy tydens die Springbokke se November-toets teen Engeland sy nek beseer het.
Die nuweling Johann Sadie sal saam met Robert Ebersohn die Vrystaters se senterpaar wees.
Afskoptyd Saterdag is om 17:05.
So lyk die span:
15. Hennie Daniller, 14. Willie le Roux, 13. Johann Sadie, 12. Robert Ebersohn, 11. Raymond Rhule, 10. Johan Goosen, 9. Piet van Zyl, 8. Philip van der Walt, 7. Lappies Labuschagne, 6. Frans Viljoen, 5. Francois Uys, 4. Lood de Jager, 3. Lourens Adriaanse, 2. Adriaan Strauss (kaptein), 1. Trevor Nyakane
Plaasvervangers: 16. Ryno Barnes, 17. Coenie Oosthuizen, 18. Waltie Vermeulen, 19. Boom Prinsloo, 20 Sarel Pretorius, 21. Elgar Watts, 22. Ryno Benjamin
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA