Super Rugby

Goeie nuus vir Bulls se Kirchner

2011-02-08 09:33
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die donderwolke het nie vreeslik lank oor Loftus Versfeld gehang nie voordat Zane Kirchner met ’n groot glimlag die silwer randjie vir die Bulls gewys het.

Dié Bok-heelagter, wat in die afgelope naweek sy ribbes teen die Pumas beseer het, het Maandag die goeie nuus aan sy spanmaats oorgedra dat dié besering hom nie, soos vooraf gevrees is, weke lank van die veld gaan hou nie.

Trouens, Kirchner kan selfs volgende week teen die Lions in die Bulls se openingswedstryd in die Super Rugby-reeks speel.

“Dit was toe nie so erg soos ons vermoed het nie,” het die Bulls se spandokter, Org Strauss, aan Sport24 bevestig.

“Zane het nie kraakbeen geskeur nie en afhangend van hoe vinnig hy op behandeling reageer, behoort hy nie langer as twee weke buite aksie te wees nie,” het Strauss gesê.

Dit beteken dat Kirchner, soos Francois Hougaard en Jaco Pretorius, in ’n wedloop teen tyd gewikkel is om op Coca-Colapark uit te draf.

Gelukkig vir die Bulls se afrigter, Frans Ludeke, is daar ’n rits keuses beskikbaar.

Die Bulls se sensasionele aanwins Bjorn Basson kan heelagter speel en Gerhard van den Heever is ook tuis in die laaste vesting.

Die beste keuse is om die veteraan Jaco van der Westhuyzen as heelagter te kies.

Hy het die afgelope naweek vir Kirchner kort ná die begin van die tweede helfte vervang en flink vertoon.

Ludeke moes verlede jaar wal gooi oor sy besluit om Van der Westhuyzen op vleuel in te span, maar min sal met hom verskil as hy dié 33-jarige oud-Bok op heelagter kies.

Van der Westhuyzen is topfiks en hoewel hy dalk ’n tree of wat van sy vaart ingeboet het, het hy steeds al die vaardighede om heelagter te speel.

Die Bulls oefen vanoggend die laaste keer vandeesweek, waarna die span eers weer Maandag bymekaar kom.

Dit is in teenstelling met ander Super-spanne soos die ­Lions, wat môre nog teen Tucuman en in die naweek teen die Kings speel.

Die Lions het in November verlede jaar net enkele spelers in die Bok-toerspan na Ierland, Wallis, Skotland en Engeland gehad, terwyl die Bulls ’n dosyn Springbokke in 2010 gehad het.

Dit is opvallend hoe die twee spanne se voorbereiding verskil. Ludeke is nie ’n voorstander van baie opwarmwedstryde nie. “Die bestuur van die spelers is een van die belangrikste aspekte in die Superreeks en vanjaar is die seisoen nog langer. Dit is dus baie belangrik om seker te maak die spelers kry ruskans wanneer die geleentheid hom voordoen. Dit help hulle nie net fisiek nie, maar ook psigies om ’n slag af te skakel.”

Ludeke het dus geen probleem om sy spelers huis toe te stuur nie. “Ek weet dat die spelers wat Maandag hier aankom, aangeskakel en gefokus sal wees vir die taak wat voorlê.”

Dié taak sal wees om die Lions se tjank af te trap en die seisoen op ’n wennoot te begin.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: beserings  |  super rugby  |  bulls  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.