Super Rugby

G'n plek vir John Smit in dié voorry

2011-04-01 09:24
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Durban - Die Sharks begin Saterdag se Super Rugby-wedstryd teen die Stormers op Kingspark in Durban met sy sterkste voorry.

Dit beteken daar is geen plek vir die Springbok-kaptein, John Smit, nie.

Tendai (Beast) Mtawarira is as loskopstut in sy plek ingesluit, met Smit wat op die plaasvervangersbank sit.

Die span is eers Donderdagmiddag laat aangekondig omdat ’n griep-epidemie die Sharks-kamp getref het. Minstens vyf spelers het nog griep aan die vooraand van die wedstryd teen die Stormers.

In die enigste ander verandering speel JP Pietersen linkervleuel in die plek van nog ’n Springbok, Lwazi Mvovo.

Die twyfel vroeër die week oor die fiksheid van die losskakel Jacques-Louis Potgieter is by Donderdagmiddag se oefening uit die weg geruim.

Sy beseerde kuit het voldoende herstel dat hy wel kan speel. Hy het sonder enige ongerief aan die oefening deelgeneem en sal rigting aan die Sharks se aanvalle kan gee.

Dit is veral insiggewend dat die Sharks se afrigter, John Plumtree, besluit het om van Smit ontslae te raak in die voorry.

Teen die stewige skrumwerk van die Stormers is daar geen twyfel dat die Sharks hul grofgeskut moet inspan nie, en daarom is op die broers Du Plessis, Jannie en Bismarck, asook Mtawarira besluit.

Dit is juis een afdeling van die spel waarin Plumtree ’n aansienlike verbetering van verlede week teen die Cru­saders op Twickenham in Londen verwag.

Met Smit as loskopstut het dinge glad nie goed gegaan nie en was die Sharks deurentyd in trurat.

Teen die Stormers kan dit nie weer bekostig word nie en daar sal kwaai druk op die Sharks se agttal wees om hul man te staan.

Die Sharks spog egter met ’n goeie vertoningslys in wedstryde net nadat hulle van ’n oorsese toer in dié reeks teruggekom het.

Oor die afgelope 10 jaar het die Sharks agt van hul wedstryde met hul terugkeer na Durban gewen.

Die enigste twee kere dat hulle direk ná ’n toer nie met ’n oorwinning by die huis kon afskop nie, was albei teen die Bulls.

Sharks-span:

Louis Ludik, Odwa Ndungane, Stefan Terblanche, Meyer Bosman, JP Pietersen, Jacques-Louis Potgieter, Charl McLeod, Ryan Kankowski, Willem Alberts, Keegan Daniel, Alistair Hargreaves, Steven Sykes, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Beast Mtawarira.

Plaasvervangers: John Smit, Eugene van Staden, Gerhard Mostert, Jacques Botes, Conrad Hoffmann, Adrian Jacobs, Lwazi Mvovo.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: john smit  |  stormers  |  sharks  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.