Super Rugby

G’n einde aan Lions-treurmare

2010-05-10 09:07
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Twee laaste rekords kan Saterdag ook Lions-besit word as hulle in Welkom ook die knie voor die Cheetahs buig.

Nadat die Lions Saterdag op Coca-Colapark skandelik deur die sukkelende Blues met 56-14 opgedons is, het hulle reeds Super-rugby geskiedenis om die verkeerde redes gemaak.

As hulle op ’n soortgelyke wyse teen die Cheetahs vasval, gaan die ongewenste rekords toeneem, want die Cheetahs lyk ná hul seges oor die Blues en die Western Force nou na ’n span om mee rekening te hou.

Dan sal die Lions 13 wedstryde vanjaar verloor het en hul voorganger, die Cats, se vertoningslys van 13 agtereenvolgende nederlae in Super-rugby tussen 2003 en 2004 ewenaar.

En waar dit gelyk het of die Lions darem die rekord van die meeste drieë nóg teen ’n span in ’n Superrugby-toernooi kan vryspring, kan dié een nou ook in skerwe lê.

Die 69 drieë teen die Chiefs in 2002 is die voorloper, maar aangesien die Blues Saterdag sewe keer teen die Lions gedruk het, staan die Johannesburgers nou op 63.

Ses Cheetah-drieë? Wel as die Lions soos in die afgelope paar weke speel, kan hulle enige kans op iets beter op hul maag skryf.

Ná die Blues-wedstryd het die Lions die span geword wat die meeste punte nóg in een reeks (532) afgestaan het. Hulle het ook nou die meeste agtereenvolgende wedstryde in ’n reeks (12) verloor.

Die Blues het op ’n drafstap gewen en gewys dat dié Lions-span nie sy sout in die reeks werd is nie. Twee Lions-drieë deur Carlos Spencer, waarin Tonderai Chavhanga (vleuel) en Cobus Grobbelaar (flank) sleutelrolle gespeel het, was al wat daar was om oor te juig.

Puntemakers:

Blues 56 (24): Drieë:Rene Ranger, Stephen Brett, Alby Mathewson, Paul Williams, Tom McCartney, Joe Rokococo (2). Doelskoppe: Brett (6). Strafdoel: Brett (3).

Lions 14 (14): Drieë: Carlos Spencer (2). Doelskoppe: Herkie Kruger (2).

- Die Burger

Lees meer oor: super14  |  lions  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.