Super Rugby

Gio 'gesny' en Stormers hou asem op

2011-02-11 06:56
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad – Die Stormers is op hete kole voor die aanvang van vanjaar se Super Rugby-reeks nadat die Springbok-vleuel Gio Aplon Donerdag ’n artroskopie aan sy regterknie ondergaan het.

Allister Coetzee, afrigter van die Kaapse streekspan, het die prosedure by navraag aan Sport24 bevestig.

Hy het nog nie terugvoer van die betrokke medici ontvang nie, maar is wel vol vertroue dat Aplon vir die Stormers se eerste wedstryd in vanjaar se reeks teen die Lions beskikbaar sal wees.

Die Stormers het op die prosedure besluit nadat daar onlangs opnuut inflammasie in Aplon se knie was. Hy het verlede jaar ’n swaar werkslas by die Stormers, Westelike Provinsie én die Springbokke gehad.

“Gio het nie vir ’n operasie gegaan nie. Dit was net om te kyk wat fout is met die knie,” het Coetzee gesê.

“Ons wil net seker maak. Ek wil nie hê sy knie moet in die middel van die reeks ingee nie. Hy is beskikbaar vir ons eerste wedstryd.”

Volgens Coetzee beteken die aard van die prosedure dat ’n speler gewoonlik vir twee tot vier weke op die krukkelys is.

Die Stormers het volgende week ’n loslootjie en speel op 26 Februarie teen die Lions.

Sou Aplon nie beskikbaar wees nie, kan Coetzee besluit om een van Jean de Villiers, Danie Poolman of JJ Engelbrecht op die vleuel in te span. Poolman en Engelbrecht is môre in die vriendskaplike wedstryd teen die Boland op Nuweland in aksie.

Engelbrecht het verlede jaar al vir die WP in die Curriebeker-reeks gespeel, terwyl Poolman drieë vir die Streeptruie se o.21-span ingeryg het.

Die onsekerheid oor Aplon vergroot ook die druk op Bryan Habana om sy spelpeil op te skerp. Nuweland het Saterdag vir die Internasionale Rugbyraad se speler van die jaar in 2007 gebrom toe hy ’n aangee misgevang het.

Coetzee het egter vandeesweek vir Habana in die bres getree.

“Ek kyk nie emosioneel na die saak nie. Ek sal graag vir mense sy betrokkenheid en werkverrigting wil wys, nie net die flambojante oomblikke waar hy drieë gaan druk nie,” het Coetzee gesê.

“Dit gebeur maar nou en dan dat ’n speler ’n bal aanslaan. Almal begaan foute.

“Jy kry egter nie sommer iemand wat so goed vir die bal in die lug meeding, verdedig en oral betrokke raak nie.” 

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: gio aplon  |  rugby  |  super rugby  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.