'Geen meer glipsies' – Plumtree
2011-05-24 22:02
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - John Plumtree, afrigter van die Sharks, het Dinsdag gesê dit is essensieel vir sy span om al vier hul oorblywende wedstryde te wen indien hulle enige hoop wil behou om die Super Rugby-uitspeelwedstryde te haal.
“Die spelers weet ons kan nie nóg een laat val nie,” het Plumtree gesê.
Die span van Durban het die afgelope naweek hul vyfde nederlaag van die seisoen, en hul tweede op hul tuisveld, gely toe hulle met 23-32 teen die Bulls verloor het.
Die Sharks speel komende naweek in hul laaste groepwedstryd op hul tuisveld teen die Waratahs, met dié Australiese span wat ook desperaat is om hul oorblywende wedstryde te wen.
“Daar is eintlik vier spanne wat vir daardie vyfde en sesde plekke baklei,” het Plumtree gesê.
Hy het gesê die feit dat hulle slegs een wedstryd op hul tuisveld oorhet voordat hulle drie wegwedstryde moet speel, is ‘n groot uitdaging.
Die Sharks sal sonder hul stut Janndie du Plessis (knie) en Odwa Ndungane (hand) wees weens beserings.
Adrian Jacobs en Steven Sykes, wat albei enkelbeserings opgedoen het, moet ook fiksheidstoetse slaag voor Saterdag se wedstryd.
“Daar was baie self-analise ná die naweek,” het Plumtree gesê. “Daar is nou baie druk en die onus is beslis op die spelers.
“Die hele kompetisie gaan oor druk en dit is so veeleisend weens die langdurigheid daarvan. Ons sien beslis uit na ‘n beter vertoning volgende week.”
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA