Super Rugby

‘Gebruik Soweto se enorme nasiebou-effek’

2010-05-27 08:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Die feit dat ’n Super14-eindstryd in Soweto gespeel word, wys hoe ver Suid-Afrika gevorder het en die Stormers is verheug dat hulle deel van dié geleentheid kan wees.

Só sê die afrigter van die Stormers, Allister Coetzee, wat van 1989 tot 1991 die kaptein van die nie-rassige Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se nasionale span was.

“Dis vir ons wonderlik om deel van geskiedenis te wees en in Soweto te gaan speel,” het Coetzee gesê.

“Wanneer is Super14- of Curriebeker-rugby (voor verlede week) al ooit daar gespeel, veral as jy in ag neem wat die persepsies van die sport in sekere dele van die land is?

“Die persepsie is dat die gemeenskap van Soweto sokker wil sien en rugby oorwegend wit is.

“Dit wys net hoe ver die land al vorentoe beweeg het, en dis vir die Stormers wonderlik om deel van die ontwikkeling van die spel te wees.”

Intussen het prof. Willie Basson, wat Saru as strategiese konsultant met transformasie bystaan, gesê die sportkode moet die geleenthede wat groot rugby in Soweto geskep het “met albei hande” aangryp.

“As dié kans benut word, kan die vloei van swart rugby-ondersteuners na tradisionele wit stadions op dreef kom.

“Sewentig persent van ondersteuners wat rugby op TV kyk, is swart en 30% wit. Dit wys dat daar (by almal) ’n ingebore nuuskierigheid oor rugby is.”

Basson hoop rugbybeamptes in die noorde buit die situasie uit en maak hul stadions toeganklik vir swart rugbyliefhebbers.

“Jy kan jou voorstel wat kan gebeur nou dat ’n tweede wedstryd in Soweto aangebied word,” het Basson gesê.

“Die Bulls se ondersteuners sou verras gewees het met wat hulle in Soweto aangetref het en hoe toeganklik dit was.

“Die vraag is nou of Loftus en Coca-Colapark toegankliker gemaak gaan word. Wat is die taktiek? Hierdie yster moet gesmee word terwyl hy warm is.

“Die ys is nou gebreek. Wit mense het veilig in Soweto gevoel en daar is lank laas so gekuier...."

“Die nasiebou-effek is enorm.”

Basson hoop Soweto se gasvryheid word “wedersyds terugbetaal.” Volgens hom moet rugbybeamptes proaktief optree.

“Daar kan met die gemeenskappe in Soweto en Bulle se ondersteunersklub saamgewerk word,” het hy verduidelik.

“Dis ’n geleentheid wat op ’n onverwagse manier gekom het en benut moet word.”

Volgens Basson is 48% van jong spelers van o.11- tot o.21-vlak swart.

“Dit wys jou die proses vind plaas. Ons sien dit om sosiale redes nog nie op ’n hoë vlak nie,” het hy bygevoeg.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: super 14  |  bulls  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.