Franse loer na Stormers-heelagter
2010-05-11 12:10
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Joe Pietersen se agent Chris de Beer het gerugte dat dié Stormers-heelagter vanaf volgende jaar vir die Franse rugbyklub Bayonne gaan speel, ten sterkste ontken.
“Joe het nog niks geteken nie. Hy sal eers ‘n besluit maak na afloop van die Super14-seisoen,” het De Beer by navraag gesê.
Pietersen se naam is glo op ‘n lys van spelers aan wie Bayonne graag kontrakte wil uitreik, maar daar is blykbaar ‘n paar ander klubs wat ook in dié heelagter belangstel.
Sy kontrak met die Westelike Provinsie verstryk eers einde Oktober.
WP se direkteur van afrigting, Rassie Erasmus, het Maandag aan Sport24 gesê dat Bayonne in elke geval nie tans met Pietersen mag kommunikeer nie, aangesien die vensterperiode vir onderhandelinge nog nie begin het nie.
Indien Pietersen wel sou besluit om die WP voor die Curriebeker-seisoen te verlaat, sal dié provinisie ‘n oordragskoste vir hul speler vra.
Pietersen sal na verwagting terugkeer na die Stormers se beginspan vir Saterdag se SA-derby teen die Bulls op Nuweland.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24