Super Rugby

Franse flair losgelaat op Loftus

2011-06-17 10:03
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die Bulls moet Saterdag met Franse flair geklop word.

Die Sharks-afrigter, John Plumtree, het grootskaalse veranderings aangebring aan die span wat verlede week gelykop gespeel het teen die Lions vir Saterdag se deurslaggewende Super Rugby-wedstryd teen die Bulls op Loftus Versfeld in Pretoria.

Daar is ses veranderings en ook ’n nuwe kaptein in ’n poging om die kampioenspan slae op tuisbodem te gee.

Die insiggewendste veranderings is die keuse van die Fransman Frederic Michalak as losskakel, met Patrick Lambie wat na heelagter skuif in die plek van Louis Ludik.

Dit gaan Michalak se taak wees om die Bulls met sy “toorkunsies” op die aanval te uitoorlê.

Dié 28-jarige veteraan wat in 54 toetse vir Frankryk gespeel het, was in 2008 ’n lid van die Sharks-groep wat die Curriebeker verower het.

Hy het hom van Toulouse by die Sharks aangesluit en sal tot aan die einde van volgende jaar se Curriebeker-reeks vir die KwaZulu-Natallers beskikbaar wees.

Tipies Fransman is hy een van daardie flambojante spelers met ’n voorliefde vir die onverwagse.

As hy die dag “aangeskakel” is, het hy die vermoë om enige span aan repies te kerf.

Die saadjie vir dié skuif is verlede Saterdag teen die Lions gesaai, toe hy sy verskyning gemaak het toe sy span met 9-30 agter was en saam met verskeie van die impakspelers ’n rol gespeel het om die agterstand uit te wis.

Die Springbok-kaptein, John Smit, het soos verwag die trekpas gekry as haker en begin die wedstryd op die plaasvervangersbank.

Hy is een van vyf voorspelers op die bank.

Die groot aanslag van die Bulls is uiteraard voorlangs en daarom wil Plumtree sy keuses oophou om hom na die plaasvervangersbank te wend om voorlangs staande te kan bly.

Bismarck du Plessis neem sy plek as haker, met sy broer, Jannie, wat langs hom inskuif as vaskopstut in die plek van Eugene van Staden.

Alistair Hargreaves keer terug as slot in die plek van die beseerde Steven Sykes.

Jean Deysel is terug as flank ná sy skorsing van twee weke en hy neem langs die kant van die skrum oor by Jacques Botes.

Die ander sterk baldraer, Willem Alberts, begin die wedstryd op die plaasvervangersbank.

Hy is Plumtree se groot versekeringspolis tussen die plaasvervangers en sal ’n gewisse impak moet hê wanneer hy opgestuur word.

Die enigste agterspeler-plaasvervangers is Adrian Jacobs en Ludik.

Met Smit nie in die beginspan nie, neem die senter Stefan Terblanche weer die kapteinskap oor. Hy was verlede jaar ook aan die stuur toe die Sharks die Curriebeker gewen het.

Hoewel Lambie die nr. 15-trui sal dra, kan hy eintlik vrye teuels gegee word tussen die laaste vesting en in die middelveld.

As binne-senter het hy in die terugveg-poging een die Lions die aangee ontvang wat tot die drie van Lwazi Mvovo gelei het.

Die visie van Michalak en Lambie sal nodig wees om van die Sharks ’n beduidende faktor op die aanval te maak.

Hand aan hand kan hulle die Bulls iets gee om oor te dink.

“Ons is ’n trotse span wat nie net Pretoria toe gaan om boedel oor te gee nie,” het Plumtree Donderdag gesê.

“Ons moet net ons planne agtermekaar kry en sorg dat die toewyding daar is.”

Die span is:

15. Patrick Lambie, 14. JP Pietersen, 13. Stefan Terblanche (k), 12. Meyer Bosman, 11. Lwazi Mvovo, 10. Frederic Michalak, 9/ Charl McLeod, 8. Ryan Kankowski, 7. Keegan Daniel, 6. Jean Deysel, 5. Gerhard Mostert, 4. Alistair Hargreaves, 3. Jannie du Plessis, 2. Bismarck du Plessis, 1. Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: John Smit, Wiehahn Herbst, Ross Skeate, Willem Alberts, Marcell Coetzee, Adrian Jacobs, Louis Ludik.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: bulls  |  sharks  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.