Force noem toergroep vir SA
2013-02-18 08:38
In-diepte Verslae
Die Cheetahs het twee veranderings gemaak aan die span wat die Southern Kings op die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth pak.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Western Force se toergroep na Australië is bekendgemaak, met vier Wallabies wat opgeneem is om die span te versterk wat Vrydag teen die Rebels in Melbourne verloor het.
Die Force sal Saterdag teen die Southern Kings in Port Elizabeth uitdraf voor hulle na die Hoëveld reis vir 'n kragmeting met die Bulls in Pretoria.
Phoenix Battye is die enigste speler van verlede week se 22-tal wat uitval. Hy word deur die Wallaby Hugh Mcmenamin vervang.
Die ander nuwelinge is die kaptein Matt Hodgson, Salesi Ma’afu, Nick Cummins en die Nieu-Seelander Jayden Hayward.
So lyk die toerspan:
Chris Alcock, Richard Brown, Nathan Charles, Sam Christie, Angus Cottrell, Pek Cowan, Nick Cummins, Patrick Dellit, Sias Ebersohn, Tetera Faulkner, Kyle Godwin, Jayden Hayward, Matt Hodgson, Kieran Longbottom, Toby Lynn, Salesi Ma’afu, Alfie Mafi, Alby Mathewson, Ben McCalman, Hugh McMeniman, Junior Rasolea, Mick Snowden, Winston Stanley, Heath Tessmann, Will Tupou, Sam Wykes
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24