Force-heelagter geskors oor duikslag
2011-06-12 16:01
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Perth, Australië – Die Wallaby-heelagter James O'Connor sal die Western Force se finale Super Rugby-wedstryd misloop nadat hy vir gevaarlike spel geskors is.
O'Connor is uitgewys vir 'n gevaarlike duikslag op die Reds se kaptein, James Horwill. Die Western Force het dié wedstryd 24-21 verloor.
O'Connor is een week geskors.
Hy sal Vrydag die Western Force se wedstryd teen die Melbourne Rebels misloop.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AP