Super Rugby

Elton kry sy tweede 'lewe' by Mitchell

2011-05-13 07:07
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg – Elton Jantjies kry Saterdag sy tweede “lewe” in dieselfde Super Rugbyreeks wanneer hy as die Lions se losskakel in Canberra teen die Brumbies uitdraf.

Dié jong Springbok is ná sy vinnige opgang in 2010 vanjaar met ’n knal terug aarde toe gebring toe hy gesukkel het om in die ongenadige Superreeks te oorleef.

Sedert die Lions-afrigter, John Mitchell, Jantjies gepos het, is André Pretorius en Burton Francis ingespan.

Pretorius is gou weer beseer, maar Francis het ’n mate van bestendigheid gebring, iets waarna die Lions gesoek het.

Tog is Jantjies vandeesweek terug in die nr. 10-trui.

“Ek het rede gehad om Elton vir ’n ruk weg te laat, maar dit het hom nederig gehou,” het Mitchell gesê.

“Ek dink hy kan hom nou beter vir ’n groot wedstryd voorberei.

“Boonop wil ons die verdedigingslinie veel meer aanval en Elton kan dit doen,” het hy die jongste verandering op losskakel verduidelik.

“Burton het ons in goeie posisies op die veld gekry en met die stelskoppe geslaag, maar hy val nie die lyn genoeg aan nie.

“Dus is Elton weer terug en ons sal nou sien of hy uit sy vorige ervarings geleer het.

“Hy het duidelik al die talent wat ’n mens wil hê.”

Om Jantjies nou in Australië los te laat, is waarskynlik beter as om dit tans op Coca- Colapark in Johannesburg te doen.

Woedende Lions-ondersteuners het vanjaar, toe Jantjies en die span in die reeks begin sukkel het, hul toorn op die 20-jarige losskakel gemik en hom begin uitjou.

Tog het Mitchell groot vertroue in Jantjies en die afrigter glo sy nuutste Springbok gaan gou weer die toeskouers aan sy kant hê.

Met Butch James wat volgende week teen die Waratahs in die beginspan kan wees, sal Jantjies môre sy kans met albei hande moet aangryp.

Jantjies en Jano Vermaak is môre die skakelpaar teen die Brumbies. Vermaak is etlike seisoene al een van die Lions se beste agterspelers, maar vanjaar het hy by tye gesukkel.

Hy en die nuwe aanwins Rory Kockott is om die beurt as die skrumskakel in die beginspan gebruik, maar nie een van hulle het juis sy stempel afgedruk nie.

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: elton jantjies  |  super rugby  |  lions  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.