Ebersohn vervang beseerde Goosen
2012-05-02 15:21
In-diepte Verslae
Dis steeds onduidelik wanneer die Springbok-heelagter Zane Kirchner tot die speelveld vir die Bulls sal kan terugkeer.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Bloemfontein – 'n Langtermyn-besering aan die losskakel Johan Goosen het Sias Ebersohn 'n plek in die beginspan besorg vir die Cheetahs se stryd Saterdag teen die Western Force in Bloemfontein.
Goosen het sy skouer ontwrig in die Vrystaters se nederlaag teen die Highlanders en sal minstens vier maande op die krukkelys wees.
Riaan Smit sal Ebersohn se plek op die plaasvervangerbank inneem.
George Earle vervang Andries Ferreira op slot as deel van die span se rotasie-beleid.
Afskoptyd Saterdag is om 19:10.
So lyk die span:
15 Hennie Daniller, 14 Cameron Jacobs, 13 Robert Ebersohn, 12 Andries Strauss, 11 Willie le Roux, 10 Sias Ebersohn, 9 Tewis de Bruyn, 8 Philip van der Walt, 7 Justin Downey, 6 Heinrich Brussow, 5 Izak van der Westhuizen, 4 George Earle, 3 WP Nel, 2 Adriaan Strauss (kaptein), 1 Coenie Oosthuizen
Plaasvervangers: 16 Hercu Liebenberg, 17 Trevor Nyakane, 18 Andries Ferreira, 19 Ashley Johnson, 20 Piet van Zyl, 21 Riaan Smit, 22 Philip Snyman.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA