Ebersohn lei Cheetahs op Ellispark
2013-01-23 12:58
In-diepte Verslae
Dis steeds onduidelik wanneer die Springbok-heelagter Zane Kirchner tot die speelveld vir die Bulls sal kan terugkeer.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Cheetahs sal sonder verskeie van hul eerstekeuse-spelers wees vir Saterdag se oefenwedstryd teen die Lions in Johannesburg.
Die senter Johann Sadie en slotte Martin Muller en Andries Ferreira is op die kantlyn met beserings en Johan Goosen, Coenie Oosthuizen, Heinrich Brussow en Wille le Roux is ook nie in die 22-tal nie.
Robert Ebersohn sal die Vrystaters in Adriaan Strauss, wat 'n ruskans kry, se afwesigheid lei.
So lyk die span:
15 Hennie Daniller, 14 Jannie Boshoff, 13 JP Nel, 12 Robert Ebersohn (kaptein), 11 Raymond Rhule, 10 Francois Brummer, 9 Piet van Zyl, 8 Boom Prinsloo, 7 Tertius Daniller, 6 Marnus Schoeman, 5 Francois Uys, 4 Lodewyk de Jager, 3 Rossouw de Klerk, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Caylib Oosthuizen.
Plaasvervangers: 16 Hercu Liebenberg, 17 Trevor Nyakane, 18 Ligtoring Landman, 19 Waltie Vermeulen, 20 Tewis de Bruyn, 21 Barry Geel, 22 Hansie Graaff.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24