Super Rugby

Super Rugby: Grys hare vir Div

2011-02-05 07:40
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Nelspruit - Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, erken prontuit dat die Super Rugby-reeks hom grys hare gaan besorg.

Vir die 21 weke wat die reeks gaan duur, sal die reeds silwer-om-die-slape De Villiers weekliks moet toekyk hoe sy beplande Wêreldbeker-groep se spelers beseringvry of nie deur elke wedstryd gaan kom.

De Villiers is Saterdag hier in die Mbombela-stadion as die Bulls teen die Premier-vyftiental speel, maar eerder om te kyk hoe lyk ’n klomp van sy kandidate nadat hulle beserings afgeskud het.

Fourie du Preez was byna nege maande laas in ’n wedstryd, Gurthrö Steenkamp en Gary Botha sowat ses en Wynand Olivier en Danie Rossouw kon nie reageer toe De Villiers in November op hulle knoppie wou druk nie.

Dit is veral Du Preez wat die aandag op hom gevestig sal hê in wat ’n reuse-seisoen vir dié voorslag-skrumskakel in die Bulls- én die Springbok-trui kan wees.

Hy behoort sy 100ste wedstryd vir die span te speel as die Bulls hul rekening teen die Lions open, maar eers kyk dié spelskepper, wat ook Saterdag voor draf, nie verder nie.

“Kom ons kyk maar eers hoe dit gaan voordat ek te veel oor die res van die seisoen sê,” was Du Preez se praktiese uitgangspunt.

Vir die Bulls-breier, Frans Ludeke, is daar ewe belangrike regmerkies wat ink nodig het.

Nadat sy reserwegroep verlede week teleurgestel het in die uitvoering van die wedstrydplan en met sy basiese vaardighede teen die Kings, hoop die breier op ’n veel beter poging van sy groot kanonne.

“Die een is belangriker as verlede week se wedstryd, want dit is die enigste kans wat dié spelers gaan hê om alles in plek te kry. Ons soek dus akkuraatheid en doelgerigtheid in wat ons doen,” het Ludeke gesê.

Met die span redelik gevestig, is daar nogtans groot belangstelling in Bjorn Basson se toetrede tot die span en tot welke mate Rossouw de Klerk volwassenheid in die skrums toon.

Dié jongeling-vaskop groei met elke wedstryd en hoewel Werner Kruger, wat ’n troue bywoon en nie speel nie, die eerste keuse sal wees, wil Ludeke graag gerustheid kry oor sy diepte daar.

Die Premier-vyftiental, of die Pumas soos hulle andersins sou heet, het natuurlik die Blou Bulle se Curriebeker-tjank hier afgetrap, maar hul afrigter, Jimmy Stonehouse, sal nie weer sulke ambisies hê nie.

Hy het sy eie planne met die Vodacombeker-reeks wat wag en sal wil sien hoe nuwelinge soos Wilhelm Loock en Coenie van Wyk vaar.

Die res se oë sal almal op Du Preez wees.

  • Die spanne is:
Bulls: Zane Kirchner, Gerhard van den Heever, Stephan Dippenaar, Wynand Olivier, Bjorn Basson, Morné Steyn, Fourie du Preez (k), Pierre Spies, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Rossouw de Klerk, Gary Botha, Gurthrö Steenkamp. PLAASVERVANGERS: Chiliboy Ralepelle, Dean Greyling, Frik Kirsten, Fudge Mabeta, Ruan Snyman, Stefan Watermeyer, Francois Brummer, Akona Ndungane, Gerrit-Jan van Velze, Jaco van der Westhuyzen, Derick Kuün

Premier-vyftiental: Johan Jackson, Wilhelm Loock, J.W. Jonker, Dewald Pretorius, Deon Scholtz, Coenie van Wyk, Tian Meyer, Eduan van der Walt, Jaco Bouwer, Corné Steenkamp (K), Marius Coetzer, Andries Kruger, Ashley Buys, Hannes van Dyk, Dawie Steyn. PLAASVERVANGERS: Brett Nel, De Jay Terblanche, Michael Rice, J.P. Mostert, Shaun Venter, Tiaan Marx, Charl Bezuidenhout.

Afskop: 18:00.

Sport24

Lees meer oor: pumas  |  bulls  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Tony sê... @roelf.campher en CarlikBait Ten minste het my Stormers nog nooit verloor teen die Kings soos 'n sekere ander span nie!!!!!!!!!!! Goodbye you 2 are the weakest links. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.