Super Rugby

Drieëkrag vs. plettervatters

2010-05-26 07:45
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad – Vergeet maar van sierlike hardlooprugby en maak reg vir ’n Super14-eindstryd wat Saterdag in die Orlando-stadion se loopgrawe in Soweto beslis gaan word.

“Dis ’n derbystryd en gaan nie skouspelagtig wees nie.

"Daar word nie vir bonuspunte gespeel nie.

"Dit gaan ’n klipharde stryd in die loopgrawe wees,” sê die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, oor die kragmeting met die Bulls.

Op die oog af is dit ’n stryd tussen die beste aanvallende en verdedigende spanne in die Super14-reeks.

Die Bulls en Blues het in die ligafase van die reeks elk 47 drieë gedruk, maar sedertdien het die Pretorianers 3 in die halfeindstryd teen die Crusaders bygevoeg en hulle trek nou al by ’n indrukwekkende 50.

Hoewel die Stormers met Juan de Jongh se puik individuele poging teen die Waratahs bygetel net op 37 drieë trek, het hulle ’n skamele 17 afgestaan.

Die Crusaders, met 24 drieë afgestaan in die ligafase, was die naasbeste span op verdediging.

Coetzee glo die oorsprong van die Bulls se vele drieë lê in die akkurate uitvoering van hul deurwinterde wedstrydplan.

“Gaan kyk ’n bietjie hoe hulle in jou helfte kom.

"Dis selde dat hulle drieë van 60 meter af druk.

"Hulle kom in jou kwartgebied en val dán aan.

“Jy moet uitvind hoe hulle daar kom en die groot ding is dat jy die skopstryd moet kan hanteer.

"As jy nie kan nie, is jy dood.”

Die Bulls het ook besonder sterk baldraers soos hul Springbok-agtsteman, Pierre Spies, en binnesenter, Wynand Olivier.

Albei is bedrewe in die kuns om duikslae af te skud en oor die voordeellyn te kom.

“Ons weet hulle is ’n span wat op momentum floreer. As jy hulle toelaat om jou agter die voordeellyn vas te pen, gaan dit ’n lang dag wees,” sê Coetzee.

“Die Waratahs is ook ’n span met ’n groot pak en sterk hardlopers.

"Ons het hulle momentum gestuit en dit het gelyk of hulle geen ander plan gehad het nie.

“Hierdie naweek gaan ’n groot stryd by die voordeellyn woed.

"Ons moet net by ons verdedigingstelsel hou.

"Die Bulls is ook ’n span wat volgens bepaalde strukture speel en dis waarom hulle meer wedstryde wen as wat hulle verloor.

“Ons gaan fisiek en op die verdediging getoets word. Alles begin by die vaste fasette.

"Ek verwag ’n epiese stryd.”

Die verwagte tweestryd in die lynstane tussen Victor Matfield en Andries Bekker dui op hoe groot dit gaan wees.

As daar risiko’s geneem word, wil Coetzee hê dit moet berekend van aard wees en hy ontmoedig sy span ten sterkste om rugby in hul eie halfgebied te speel.

“Die Bulls val goed aan, maar dit beteken nie hulle neem risiko’s nie. Hulle val van die regte posisies aan,” sê hy.

“In ’n eindstryd is dit ’n geval van berekende risiko’s en die regte besluite neem.

“Die Crusaders het vroeg al die speelwerk teen die Bulls gedoen.

"Hulle het die bal probeer behou en die wedstryd na die Bulls geneem. Dis nie ’n slegte ding om te doen nie, maar dis dom as jy dit in jou eie halfgebied doen en die bal by die volgende losskrum verloor.

“Die drieë word van omkeerbesit gedruk. Dis ’n geval van berekende risiko’s. Goeie besluitneming is iets wat ek aan die span verkondig. Dis van kardinale belang.”

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.


Lees meer oor: soweto  |  bulls  |  rugby  |  stormers  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.