Super Rugby

Div se Smit-tameletjie

2011-03-29 06:45
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Dit gons oor die hele land dat John Smit se “raklewe” al aan die einde van 2009 verstryk het, maar die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, is lugtig vir die invloed wat die Springbok-kaptein op die Sharks kan hê voor Saterdag se Super Rugbywedstryd in Durban.

“Dink ’n bietjie wie die beste ou sal wees om ’n span wat twee wedstryde op ’n streep verloor het weer aan die gang te kry,” het Coetzee gistermiddag gesê.

“John het al vantevore druksituasies ervaar en hulle kyk na hom om rigting te gee.”

Sondag op Twickenham was daardie rigting egter suidwaarts in die skrums totdat Tendai Mtawarira Smit teen die Crusaders in Londen vervang het.

Dit sal dus interessant wees om te sien hoe Smit vandeesweek in die Sharks-breier, John Plumtree, se planne inpas.

Al sê Coetzee dat Smit ’n “reuse-plus” vir die Sharks is, sal dit inderdaad geen verrassing wees as Plumtree op ’n voorry van Mtawarira en die Du Plessis-broers besluit nie. Selfs al is dit die geval, kan Smit natuurlik nog waarde van die plaasver- vang­ersbank af toevoeg en kan sy ervaring in die laaste minute van ’n wedstryd waarin daar baie druk is belangrik wees.

Dit verander egter nie aan die feit dat die Bok-afrigter, Peter de Villiers, ’n yslike tameletjie gaan hê wanneer hy vanjaar oor die haker-posisie besin nie.

Bismarck du Plessis dwing soveel gesag daar af vir die Sharks dat dit moeilik is om te sien hoe hy nie ’n Bok-beginspan kan haal nie.

Tog is die Stormers se eerste mikpunt vandeesweek om seker te maak dat hulle op ’n fisieke vlak mededingend kan wees, eerder as om dadelik die ambisie te koester om die Sharks in die skrums te karnuffel.

“Die skrums gaan ’n reuse-uitdaging wees.

“Onthou, hierdie is ’n derbywedstryd en ons speel nie teen oorsese teenstanders nie. Ons speel teen ’n Springbok-voorry,” het Coetzee gesê.

Intussen sal Pieter Louw onder die mes beland om sy linkerknie reg te dokter en die res van die Stormers se veldtog misloop.

Schalk Burger is darem terug ná sy kniebesering en Coetzee het bevestig dat dié Bok-flank weer Saterdag die Kapenaars sal aanvoer.

Rynhardt Elstadt het ook van ’n enkelbesering herstel en kan straks weer as Andries Bekker se slotmaat aantree.

Burger en Elstadt behoort die Stormers ’n fisieke hupstoot te gee teen ’n span wat hulle verlede jaar in Superrugby en in die Curriebeker-eindstryd in daardie opsig oorskadu het.

Die Stormers kan ’n sug van verligting slaak dat die argitek van verlede jaar se eindstryd-vernedering, Patrick Lambie, nog op die Sharks se krukkelys is.

Coetzee meen egter die Sharks gaan gevaarliker as ooit wees omdat hulle pas twee wedstryde op ’n streep verloor het.

“Dit gaan geensins makliker wees omdat Lambie nie daar is nie.

“Die Sharks het twee wedstryde verloor en is nou terug op hul tuisveld.

“Jacques-Louis Potgieter sal ander vrae aan ons verdediging stel en Meyer Bosman bring iets anders met sy aangeë en aanvallende taktiese skoppe.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24
 

Lees meer oor: john smit  |  stormers  |  super rugby  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.