Super Rugby

Dis kwaai terugslag, sê Smit

2011-06-13 10:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - “In plaas van die teerpad het ons nou besluit om die gruispad te volg om by die uitspeelstryde te kom,” het John Smit, die Sharks-kaptein, Saterdagaand hier gesê ná sy span se gelykop-uitslag van 30-30 teen die Lions.

Aan die een kant moes dit vir die Sharks gevoel het asof hulle uit Fort Knox ontsnap het deur in die laaste 20 minute ’n agterstand van 9-30 uit te wis, maar Smit kon steeds nie sy teleurstelling verberg nie.

“Dit is nie die uitslag wat ons wou hê nie. Ons het hierheen gekom om te wen en dit het nie gebeur nie.

Dit is ’n kwaai terugslag in ons strewe om die uitspeelstryde (in die Super Rugby-reeks) te haal.

“Nou moet ons dinge op die moeilike manier doen (om die Bulls Saterdag op Loftus Versfeld te klop).

Ons hou aan om die wêreld vir onsself moeilik te maak,” het Smit gesê oor sy span se futlose vertoning in die eerste helfte en ook in die eerste 10 minute van die tweede helfte toe die tuisspan met inklimspel die Sharks heeltemal oorskadu het om ’n groot voorsprong op te bou.

Die Sharks klou darem nog met hul vingerpunte aan die sesde plek op die puntelys.

Maar as die Western Force hulle nie Saterdag ’n guns bewys en die Waratahs klop nie, sal niks minder nie as ’n sege oor die Bulls in Pretoria goed genoeg wees om hulle in die uitspeelstryde te kry.

“Dit is iets wat ons wou vermy,” gee die Sharks-kaptein toe oor hul Sending Loftus.

Nie Smit, óf die Sharks-afrigter, John Plumtree, kon die boerpot-vraag beantwoord oor hoekom dit hulle aanhoudend meer as ’n helfte neem om aan die gang te kom nie.

’n Span kan net soveel keer die kastaiings uit die vuur krap – en teen die Bulls sal dit nie sommer gebeur nie.

“Ons kon nie momentum kry nie en het glad nie goed begin nie. Hul (die Lions se) fisieke spel het ons onkant betrap.

Ons wou veel meer in die middel van die veld dryf, maar kon dit nie regkry nie,” het Plumtree erken.

Die afwesigheid van die stewige losvoorspelers Jean Deysel en Willem Alberts was ’n gevoelige slag en met die ligter losvoorspelers Keegan Daniel en Jacques Botes kon die Sharks nie hul stempel afdruk nie.

Deysel sal ná sy skorsing terug wees teen die Bulls, maar daar is steeds onsekerheid of Alberts sal kan speel.

Jannie du Plessis en Odwa Ndungane moet ook fiksheidstoetse slaag voordat hulle oorweeg kan word.

Plumtree gee ook toe dat die geelkaart wat Butch James weens ’n gevaarlike duikslag op Daniel gekry het, ’n keerpunt was.

Smit glo die Sharks hét die spelers om sukses in die reeks te behaal, maar die Durbaniete sal kopkrap oor wat gedoen moet word om die Bulls in hul heiligdom te klop.

Ná die oortuigende wyse waarop die Bulls enkele weke gelede in Durban gewen het en die Sharks se sukkelvertonings teen die Waratahs, die Cheetahs en die Lions is dit onwaarskynlik dat die Sharks in Pretoria sal seëvier.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24
 

Lees meer oor: beserings  |  sharks  |  super rugby  |  bulls

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.