Dis Chiliboy teen Bismarck op Loftus
2011-06-15 12:39
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Springbokke Bakkies Botha en Chiliboy Ralepelle is die Bulls se enigste veranderinge vir Saterdag se Super Rugby-stryd teen die Sharks op Loftus Versfeld.
Botha vervang Flip van der Merwe in die slot-posisie terwyl Ralepelle plekke met Gary Botha ruil vir die nr. 2-trui.
Fourie du Preez is weer fiks maar sal van die plaasvervangerbank diens doen vir Saterdag se stryd.
So lyk die span:
15. Zane Kirchner, 14. Gerhard van den Heever, 13. Jaco Pretorius, 12. Wynand Olivier, 11. Bjorn Basson, 10. Morne Steyn, 9. Francois Hougaard, 8. Pierre Spies, 7. Dewald Potgieter, 6. Deon Stegmann, 5. Victor Matfield (kaptein), 4 Bakkies Botha, 3 Werner Kruger, 2 Chiliboy Ralepelle, 1 Dean Greyling.
Plaasvervangers: 16 Gary Botha, 17 Rossouw de Klerk, 18 Flip van der Merwe, 19 Danie Rossouw, 20 Fourie du Preez, 21 Francois Brummer, 22 Akona Ndungane.
Afskoptyd Saterdag is 17:05.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24