Super Rugby

Die oomblik van waarheid

2011-07-02 09:25
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Joe Pietersen beseer
Joe Pietersen beseer

Joe Pietersen, die Stormers se heelagter, sal weens 'n besering nie teen die Sharks op Kingsmead in Durban uitdraf nie.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - As Francois Pienaar voor die Wêreldbeker-eindstryd in 1995 op die busrit na Ellispark Roger Whittaker se liedjie I Don’t Believe In If Anymore gebruik het om die Springbokke te motiveer, kan die Stormers se kaptein, Schalk Burger, hom seker vanmiddag op die Moody Blues beroep.

Dink net ’n bietjie hoe goed This Is the Moment die boodskap by sy spanmaats kan tuisbring, want ’n Super Rugby-halfeindstryd teen die Crusaders is inderdaad die groot oomblik.

Maar Burger sal dalk vir jou sê dat niks wat hy ­– of die Moody Blues – sê ’n verskil gaan maak nie. Die Stormers wil dié een op Nuweland uiters graag wen en die vraag is bloot hóé hulle die kitaar gaan slaan. Met al die Crusaders-voorspelers in die begin-agttal wat al die All Blacks verteenwoordig het, kan dit as ’n gegewe aanvaar word dat daar ’n groot fisieke aanslag deur die besoekers gaan wees. Veral in die voorry kan dit rof raak en om vir Owen Franks, Correy Flynn en Wyatt Crockett in die oë te kyk, is op sigself ’n reuse-uitdaging.

Die Crusaders-voorrymanne se baarde laat die hele spulletjie erg intimiderend lyk, maar die Stormers het verlede jaar in ’n ligawedstryd teen ’n pak met sewe van die agt wat vandag aantree, gewys dat fisieke oorheersing teen hulle nie ’n onbegonne taak is nie.

Net soos die Crusaders kan aanvoer dat hulle vroeër vanjaar met ’n verswakte span op Nuweland gewen het, kan die Stormers terugkyk na verlede jaar se sege van 42-14 op dieselfde veld en hulself wysmaak dat dit wéér gedoen kan word.

Sonny Bill Williams is wel vanjaar in die Crusaders se middelveld ingesluit, maar om hom as die verpersoonliking van die Stormers se uitdaging te sien is, is verkeerd.
Dít was vandeesweek die mening van die Stormers se agterlyn-afrigter, Robbie Fleck.

“Hy het in ons laaste wedstryd ’n aandeel in albei die Crusaders se drieë gehad en daar was ’n geweldige bohaai oor hom, maar hy is net een van 22 puik spelers.
“Dis eintlik spelers soos George Whitelock en Wyatt Crockett wat die Crusaders se onbesonge helde is,” het Fleck gesê.

“Die geheim van hul sukses lê opgesluit in die 20 doodvatte wat sekere spelers uitvoer sonder om een te verbrou.
“Hulle werk geweldig hard vir mekaar en dís wat kragtige hardlopers soos Sonny Bill, Sean Maitland en Robbie Fruean in staat stel om verwoesting te saai.”

Dit is dus belangrik vir die Stormers om dieselfde werkywer aan die dag te lê en dit selfs te oortref.
Dat die Kapenaars akkuraat in die uitvoering van hul wedstrydplan moet wees, is ’n gegewe, maar die groot vraag is of die Stormers werklik glo dat hulle teen ’n puik teenstander op Nuweland die wa deur die drif kan trek.

Dis insiggewend dat hul tuisnederlae vanjaar teen die Reds, die Crusaders en die Bulls was. Die Reds het eindelik bo-aan die algehele puntelys geëindig en die Crusaders derde.

Die Bulls het net-net nie die uitklopronde gehaal nie. Die puntelys toon dat die Stormers Suid-Afrika se toonaangewende span is en hulle moet dié vaandel met oorgawe dra en nie ’n oomblik twyfel nie. Tuisveldvoordeel maak die Stormers seker die gunsteling-span.

Hulle is boonop lekker uitgerus en die Cru­saders moes nogmaals ’n lang vlug aanpak.

As daar ’n liedjie is wat teen hierdie tyd al op dié Kiwi’s van toepassing is, is dit I Believe I Can Fly.

Dié halfeindstryd behoort dus gelykop te verloop, met die Stormers seker met ’n kortkop die gunstelinge, gegewe die omstandighede.

Die Stormers se Springbok-senter Jaque Fourie is intussen fiks verklaar, maar die skrumskakel Dewaldt Duvenage se deelname was gister nog in die weegskaal. Die span het aangedui dat ’n finale besluit oor Duvenage eers vanoggend geneem sal word.

Die kans is dus goed dat Louis Schreuder die nr.9-trui moet dra. In só ’n geval sal nóg ’n onervare skrumskakel, Nic Groom, Schreuder se plek op die plaasvervangersbank neem.

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.



- Die Burger

Lees meer oor: super rugby  |  stormers  |  crusaders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Jannie sê... @lizette - ek kan nie glo dat enige persoon wat nog te se 'n vrou so vuilbek en insigloos soos jy kan wees nie. wat soek jy met jou ou bierpens en bottel brandewyn op die forum, en lewer crap kommentaar oor mans/mense wat jy nie eens ken nie. regtig vervang daai batterye en kry 'n lewe Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.