Super Rugby

Dalk einde van De Wet Barry se Bulls-droom

2010-02-08 23:34
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria – Die goeie vertoning deur Jacques-Louis Potgieter as binnesenter én ’n besluit om spelers binne die Bulls-strukture te ontwikkel, gaan waarskynlik die einde van De Wet Barry se Bulls-drome beteken. Barry is nie in dié span se finale groep vir vanjaar se Super14-reeks ingesluit nie, met Stefan Watermeyer wat volgens die pas-vrygestelde Super14-mediagids die regmerkie as vierde senter gekry het.

Wynand Olivier en Jaco Pretorius kies hulself as die Bulls se gereelde senterkombinasie en weens Potgieter se goeie spelpeil op binnesenter het die breier, Frans Ludeke, skynbaar op die jeugdige vermoë van Watermeyer, eerder as die gryse wysheid van Barry, besluit.

Die 20-jarige Watermeyer kan in byna elke posisie in die agterlyn speel, maar sal hoofsaaklik in die middelveld gebruik word.

Stephan Dippenaar, wat reeds in 2008 vir die Bulls uitgedraf het, sal die ander senter/vleuel in die groep wees wat heelwat veelsydige agterspelers insluit.

Morné Steyn kan in drie posisies speel. Olivier het in drie verskillende posisies toetsrugby gespeel en Pretorius in twee.

Met Potgieter wat ewe tuis is op losskakel, senter en heelagter en Francois Hougaard wat skrumskakel, senter en vleuel kan speel, is dit duidelik dat die Bulls ’n baie veelsydige groep agterspelers het. Potgieter, wat in sy o.16-jaar twee wedstryde vir Afrikaans Hoër Seunskool as stut gespeel het en later heelagter was, gee nie om waar hy speel nie. “Ek is ’n losskakel, maar is ook baie gemaklik op binnesenter. Tydens die oefenkamp het ek op nr. 10 en nr. 12 geoefen,” het die 26-jarige speler gesê.

Volgens hom is hy nie spyt dat hy weer terug is by die Bulls nie, al was hy by die Cheetahs van meer speelkans verseker. “Die Bulle is die wêreld se beste franchise en ek wil graag weer vir hulle speel. Ek het baie kans by die Cheetahs gekry en sal nooit spyt wees dat ek soontoe is nie,” het Potgieter gesê.

Die Bulls speel juis oor ’n week teen die Cheetahs in Bloemfontein en volgens Potgieter het sy nuwe span meer spelbrekers as hul teenstanders. “Die Cheetahs het twee of drie spelbrekers, maar die Bulls het nege,” het hy die verskil tussen die twee spanne op die Bulls se webwerf uitgelig.

Ligte beserings aan Pierre Spies en Hougaard kan dalk hul deelname verhinder.

– Die Burger

Lees meer oor: super14  |  bulls

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.