Crusaders verander een vir halfeindstryd
2012-07-24 10:56
In-diepte Verslae
Die Cheetahs het twee veranderings gemaak aan die span wat die Southern Kings op die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth pak.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Christchurch – Todd Blackadder, afrigter van die Crusaders, het slegs een verandering aan sy span gemaak vir Vrydag se halfeindstryd teen die Chiefs.
Ben Franks vervang sy broer, Owen, wat op die plaasvervangerbank sal diens doen, op vaskopstut.
Die agtsteman Kieran Read sukkel steeds met sy ribbesering en is nie vir die wedtsryd oorweeg nie, het die superxv.com-webwerf berig.
Richie McCaw sal weer die span van agsteman af aanvoer, met Matt Todd wat op oopkantflank sal uitdraf.
Die Crusaders-span is:
1. Wyatt Crockett 2. Corey Flynn, 3. Ben Franks, 4. Luke Romano, 5. Samuel Whitelock, 6. George Whitelock, 7. Matt Todd, 8. Richie McCaw (kaptein), 9. Andy Ellis, 10. Dan Carter, 11. Zac Guildford, 12. Ryan Crotty, 13. Robbie Fruean, 14. Adam Whitelock, 15. Israel Dagg.
Plaasvervangers: 16. Quentin MacDonald, 17. Owen Franks, 18. Tom Donnelly, 19. Luke Whitelock, 20. Willi Heinz, 21. Tom Taylor, 22. Sean Maitland.
Lees hier meer
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter