Crusaders tref-en-trap Cheetahs
2010-04-17 11:23
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - Die Crusaders het sterk vertoon om met 45-6 in hul Super14-kragmeting teen die Cheetahs in Christchurch te seëvier.
In die eerste helfte het drieë deur skrumskakel Kahn Fotuali`I, senter Ryan Crotty en agsteman Thomas Waldrom (2) reeds 'n bonuspunt aan die tuisspan besorg.
Die Crusaders het teen rustyd met 26-6 voorgeloop.
Dit was veral voorlangs waar die Cheetahs behoorlik opgekeil is. Die besoekers kon nie die sterk skrums of rolmaalbewegings van die Crusaders keer nie.
In die tweede helfte kon die Cheetahs nie 'n enkele punt aanteken nie en het die manne van Christchurch met nog drie drieë gewys dat die Vrystaters se verdediging vol gate was.
Puntemakers:
Cheetahs: Strafskoppe: Riaan Viljoen, Meyer Bosman
Crusaders: Drieë: Kahn Fotuali`I, Ryan Crotty, Thomas Waldrom (2), Sean Maitland, Ben Franks, Zac Guildford Doelskoppe:Colin Slade (5) Strafskoppe:
Die Cheetahs se volgende Super14-kragmeting is teen die Chiefs en die Crusaders kom teen die Western Force te staan.