Crusaders-span vir halfeind bekend
2010-05-20 11:03
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg – Die Crusaders het een verandering gemaak aan hul 22-tal vir Saterdag se Super14-halfeindstryd teen die Bulls op die Orlando-stadion in Soweto.
Skrumskakel Kahn Fotuali'I keer terug na die plaasvervangerbank in die plek van Willi Heinz.
Dit is die breier van die Crusaders, Todd Blackadder, se enigste verandering aan die span wat die Brumbies verlede naweek oortuigend met 40-22 in Sydney geklop het.
Die Crusaders se hulpafrigter, Daryl Gibson, het gesê die meeste spelers is fiks en reg vir Saterdag se stryd, met net die losskakel Daniel Carter en stut Ben Franks wat nog sukkel met ligte enkelbeserings.
Gibson het gesê beide spelers sal wel vandag en Vrydag saam met die span oefen en fiks wees om Saterdag teen die Bulls uit te draf.
So lyk die span van die Crusaders:
15 Colin Slade, 14 Sean Maitland, 13 Robert Fruean, 12 Daniel Bowden, 11 Zac Guildford, 10 Dan Carter, 9 Andy Ellis, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 George Whitelock, 5 Sam Whitelock, 4 Brad Thorn, 3 Owen Franks, 2 Ti’i Paulo, 1 Ben Franks.
Plaasvervangers: 16 Daniel Perrin, 17 Wyatt Crockett, 18 Chris Jack, 19 Thomas Waldrom, 20 Kahn Fotuali’i, 21 Tim Bateman, 22 Jared Payne.
Afskoptyd is Saterdag om 17:00.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24