Super Rugby

Crusaders se wens word waar

2010-05-21 07:33
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pieter Jordaan

Johannesburg – Oomblikke nadat die Crusaders twee weke gelede naelskraap teen die Bulls op Loftus Versfeld verloor het, het dié Nieu-Seelanders besluit hulle móét ’n herontmoeting met die reekskampioene kry.

Andy Ellis, die Crusaders se All Black-skrumskakel, het gister vertel hoe môre se Super14-halfeindstryd teen die Bulls in Soweto dus eintlik ’n antwoord op die Nieu-Seelandse rugbyspan se wens was.

“Ons het agterna (ná hul nederlaag van 35-40) gaan sit en gesê ons wil regtig weer hierheen kom om teen die Bulls te speel.

“En kan jy glo, hier sit ons nou twee weke later,” het Ellis by die spanoefening in Fourways gesê.

Dit is juis omdat die Cru­saders daardie dag teen die Bulls bloed geruik het wat hulle oortuig dat ’n sege in die Orlando-stadion moontlik is.

Was dit nie vir Francois Hougaard (vleuel) se omstrede drie in die laaste beweging van die wedstryd nie, hét die Crusaders gewen.

“Maar dit is hoekom ons hierdie spel speel.

 Jy wil voor vol pawiljoene speel wanneer alles op die spel is.

Dit is altyd spesiaal in Pretoria want die mense staan so bankvas agter die Bulls. ’n Kragmeting tussen hulle en ons is altyd iets besonders,” glo Ellis.

Die wedstryd in die Orlando-stadion beloof om weer ’n kragstryd soos min te wees, hoewel daar diegene is wat glo die Cru­saders sal gans te vlugflou wees.

Ná die nederlaag op Loftus moes die Crusaders na Nieu-Seeland terugkeer vir verlede Vrydag se reg-of-weg-wedstryd teen die Brumbies, waarna hulle weer vandeesweek Suid-Afrika toe moes kom.

Ellis glo egter nie dié faktor sal sy span kniehalter nie.

“Om die waarheid te sê, is dit beter dat ons so onlangs nog hier (in Suid-Afrika) was.

“Die ouens is eintlik nog so ’n bietjie in Suid-Afrikaanse tyd vasgevang.”

Richie McCaw, die Crusaders se kaptein, het ook gesê dat die Hoëveld se dun lug iets is wat sy span al genoeg beleef het dat dit nie ’n probleem is nie.

“Ons is die afgelope twee weke eintlik twee keer om die wêreld, maar ons het die soort goed al genoeg gedoen dat ons Saterdag (môre) reg behoort te wees.”

Volgens Todd Blackadder, die Cru­saders se afrigter, was die aanpassing by die tydsones eintlik ’n groter probleem vir die Crusaders met hul terugkeer na Nieu-Seeland en die wedstryd teen die Brumbies, as wat nou die geval is.

Ellis glo ook die afwesigheid van Bakkies Botha is goeie nuus vir die Crusaders en sal help dat hul droomstryd nie in ’n nagmerrie ontaard nie.

“Dit is waarskynlik beter vir ons, maar ons is steeds jammer dat hy nie speel nie want dit is lekker wanneer so ’n harde speler teen ons speel en goed in jou ore fluister op die veld,” het Ellis geskerts.

“Ek dink veral Brad Thorn (Cru­saders-slot) is spyt hy speel nie teen Bakkies nie.”

Die Crusaders se beginspan wat gister gekies is, is dieselfde as die een wat die Brumbies Vrydag in Christchurch gelooi het.

Van Dan Carter (losskakel) en Ben Franks (stut) se enkelbeserings was daar geen teken by die spanoefening in Fourways nie, en hulle is ook ingesluit.

Daar is slegs een verandering onder die plaasvervangers, waar die skrumskakel Kahn Fotuali’i by Willi Heinz oorneem.

Die Crusaders-span is: Colin Slade, Sean Maitland, Robbie Fruean, Daniel Bowden, Zac Guildford, Dan Carter, Andy Ellis, Kieran Read, Richie McCaw (k), George Whitelock, Sam Whitelock, Brad Thorn, Ben Franks, Ti’i Paulo, Owen Franks.

PLAASVERVANGERS:
Daniel Perrin, Wyatt Crockett, Chris Jack, Thomas Waldrom, Kahn Fotuali’i, Tim Bateman, Jared Payne.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Lees meer oor: soweto  |  super14  |  crusaders  |  bulls

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.