Super Rugby

Crusaders lig wenkbroue oor Brits

2011-07-01 07:42
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad – Die Crusaders se afrigter, Todd Blackadder, het gister die etiek bevraagteken van die Stormers se besluit om Schalk Brits vir Saterdag se Super Rugby-halfeindstryd hier te betrek.

“Dis iets waaroor Sanzar moet besluit, maar dit kom daarop neer dat ’n wêreldgehalte-speler op ’n kritieke tydstip van die seisoen ingebring word,” het hy gesê.

“Ek wil nie te veel daaroor sê nie, want ek wil fokus op wat ons gaan doen. Tog glo ek Sanzar gaan daardie skuiwergat in die reëls aan die einde van die seisoen toemaak.

“Dis ’n besluit wat die Stormers geneem het en ons kan niks daaraan doen nie. Ons gaan net daarop fokus om ’n goeie vertoning te lewer. Duidelik het die Stormers toestemming gekry en was daar geen ander losvoorspelers in die Kaap oor nie.”

Die Stormers se besluit om Brits te betrek, het gekom nadat die Suid-Afrikaanse o.20-losvoorspeler Siya Kolisi verlede Vrydagaand aangerand is.

Sanzar het vroeër vandeesweek bevestig dat hy verslae oor beserings rakende Kolisi, Pieter Louw en Duane Vermeulen ontvang het.

Hoewel die beheerliggaam Brits se deelname goedgekeur het, is dit op voorwaarde dat hy nie voor Tiaan Liebenberg of Deon Fourie as haker gekies mag word nie.

Blackadder het intussen ’n fikse All Black-kaptein, Richie McCaw, weer in sy beginspan ingesluit. Hy vervang Matt Todd as oopkantflank in die enigste verandering aan die span wat die Sharks verlede week met 36-8 in hul kwarteindstryd in Nelson geklop het.

Die Crusaders put ook vertroue uit die vorige kragmeting met die Stormers – in Mei, wat die Kiwi’s met 20-14 gewen het.

“Almal was trots op daardie vertoning en ons weet nou ons kan hier wen, maar verlede jaar het die Stormers 40 punte teen ons aangeteken,” het Blackadder gesê.

“Hierdie is ’n halfeindstryd en die ingesteldheid gaan anders wees. Jy móét wen.

“Ek dink ons bring hierdie keer ’n sterker span Kaap toe. Verlede keer het ons nie vir Richie, Dan Carter, Brad Thorn of Sam Whitelock beskikbaar gehad nie. Ons het in die wedstryd ook baie beserings opgedoen.”

Die All Black-haker Corey Flynn speel sy 100ste wedstryd vir die Crusaders en dit sal die Kiwi’s verder motiveer.

McCaw se terugkeer beteken ook dat elke lid van die Crusaders se agttal al toetservaring het.

Agter hulle is ’n skakelpaar van Andy Ellis en Dan Carter, en ’n middelveld met Sonny Bill Wil­liams en Robbie Fruean.

“Ons het ons sterkste moontlike span gekies. Richie se terugkeer gee vir ons nóg ’n wêreldgehalte-speler,” het Blackadder gesê.

“Hy het volkome van sy voetbesering herstel en om hom op hierdie tydstip van die seisoen in die span in te sluit is fantasties vir ons.

“Richie kan vir 80 minute speel en is sielkundig sterk. Die spankeuse is eintlik voorspelbaar.”

Blackadder meen die Crusaders is in ’n baie beter posisie as verlede jaar toe hulle teen die Bulls in die halfeindronde verloor het.

“Verlede jaar het ons teen die halfeindronde hinkepink geloop, maar dié jaar is dinge anders. Ons bou nou al vir drie jaar en die span is sielkundig sterk.”

Die Crusaders-span is: Tom Marshall, Sean Maitland, Robbie Fruean, Sonny Bill Williams, Zac Guildford, Dan Carter, Andy Ellis, Kieran Read, Richie McCaw (k), George Whitelock, Sam Whitelock, Brad Thorn, Owen Franks, Corey Flynn, Wyatt Crockett. PLAASVERVANGERS: Quentin MacDonald, Ben Franks, Luke Romano, Matt Todd, Kahn Fotuali’i, Matt Berquist, Ryan Crotty. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: stormers  |  super rugby  |  crusaders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 161,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2003
R 96,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.